Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Boeing 737 Max kry wéér nuwe baas

Eric Lindblad, hoof van die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing se 737-program, tree uit ná sowat ’n jaar in die pos.

Boeing
Kevin McAllister, hoof van Boeing Commercial Airplanes, in Junie by die lugskou in Parys, Frankryk.Foto: Reuters

Lindblad moes die afgelope maande die krisis by Boeing hanteer toe sy topverkoper Boeing 737 Max-passasiersvliegtuig gedwing is om vlugte te staak ná noodlottige ongelukke in Oktober 2018 en Maart vanjaar.

Hy is die tweede hoof van die 737-program binne net twee jaar. Die 737-program is Boeing se grootste bron van wins.

Lindblad (57) het vir 34 jaar by Boeing gewerk, en het beheer oorgeneem by Boeing se fabriek vir sy 737-vliegtuie in Renton, Washington, op ’n tydstip waarin Boeing gesukkel het met laat aflewerings van vliegtuigenjins en ander onderdele.

Lindblad het in 2018 aangedui hy wil uittree, het Kevin McAllister, hoof van Boeing se kommersiële afdeling, Donderdag in ’n brief aan werknemers gesê.

Sy opvolger is Mark Jenks. Sy eerste logistieke uitdaging is om die 737 Max weer in die lug te kry sodra reguleerders oor lugvaartveiligheid die groenlig gegee het. Meer as 500 van die 737 Max-vliegtuie is wêreldwyd op die grond, insluitende sowat 150 nuwe vliegtuie wat nog nie by lugdienste afgelewer is nie.

Boeing se plan vir ’n nuwe passasierstraler vir die gaping tussen die kleinste wyerompvliegtuie en die grootste smalrompvliegtuie is in die weegskaal sedert die Max nie mag vlieg nie. Kritieke besluite oor produkstrategie is gestaak terwyl die Max-krisis hanteer word. Sommige ontleders meen die projek behoort vervang te word met ’n nuwe 737-projek.

Intussen het Willie Walsh, hoof van die vliegtuigverhuurder IAG en ’n vorige hoof van British Airways, in ’n onderhoud in Brussel gesê dis hul frustrasie met die Europese vliegtuigvervaardiger Airbus se swak diens dat IAG besluit het om eerder 200 Boeing 737 Max-vliegtuie vir $24 miljard te bestel. IAG moet gemiddeld 70 dae wag vir aflewering van Airbus se A320, wat met die Max meeding, sê Walsh.

Walsh, self ’n eertydse vlieënier van Boeing 737’s, sê as die Max eers weer na diens terugkeer sal dit die mees ondersoekte vliegtuig wees.

Meer oor:  Airbus  |  Boeing  |  Lugdienste  |  Lugramp  |  Vliegtuigongeluk  |  Lugvaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.