Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Boeing mik na buitenste ruim met Britse belegging
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n ruimtevliegtuig wat Reaction Engines se Sabre-enjin gebruik.

Hulle noem dit die Sabre – ’n hibriede vliegtuigenjin wat straalvliegtuig- en vuurpyltegnologie kombineer en ’n tuig teen tot 25 keer die spoed van klank kan aandryf.

Die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing het pas besluit om in dié tegnologie te belê wat werk aan die soort vlieg- en ruimtetuie wat teen hipersoniese spoed beweeg – oftewel ver bo die klankgrens en nader aan ruimtevlugte.

Boeing se afdeling vir investering in innovering – Boeing HorizonX Ventures – het saam met Rolls Royce en BAE Systems deelgeneem aan die investering van $37,5 miljoen in Reaction Engines, die ontwikkelaar van gevorderde aandrywingstelsels en bouer van die Sabre in Oxfordshire, Brittanje.

Reaction Engines se Sabre (Synergetic Air-Breathing Rocket Engine) gebruik ultraliggewig-hittewisselaars wat keer dat enjinonderdele teen hoë snelhede oorverhit. Dit verbeter die kans om hipersoniese spoed en ruimtevlugte te kan haal.

Hy spog op sy webruimte dat hy die Sabre wil gebruik om vliegtuie aan te dryf wat van Londen na Sydney in Australië in binne vyf uur kan vlieg, ’n vlug wat tans meer as 21 uur duur. Hy droom ook van ruimtevliegtuie vir herhalende gebruik.

Die onderneming is in 1989 deur drie aandrywingsingenieurs begin en het sedertdien tegniese ontwerpe vir gevorderde hittewisselaars en hipersoniese vliegtuigenjins gedoen en die soort tuie wat daardeur aangedryf kan word. Boeing glo hul tegnologie kan help om eendag kostedoeltreffende en volhoubare lugvervoer teen hoë snelhede moontlik te maak.

Dit is die eerste belegging wat Boeing HorizonX Ventures in Brittanje doen, sê Mark Thomas, uitvoerende hoof van Reaction Engines, in ’n verklaring wat Boeing in Chicago, Amerika, uitgereik het.

Meer oor:  Boeing  |  Ruimte  |  Lugvaart  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.