Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Boeing: ‘Ons wil vertroue herstel’
Boeing se aandeelprys het skerp gedaal ná een van sy vliegtuie onlangs in Etiopië neergestort het. Foto: Reuters

Boeing gaan hard werk om die vertroue van mense in sy vliegtuie te herstel, sê Dennis Muilenburg, uitvoerende hoof van Boeing, in ’n ope brief aan “lugdienste, passasiers en die lugvaartbedryf”.

Muilenburg sê die tragiese neerstorting van Ethiopian Airlines vlug 302 en Lion Air vlug 610 “raak ons almal”. “Ons harte is swaar en ons dra steeds ons diepste meegevoel oor aan die geliefdes van die passasiers en bemanning aan boord.”

157 mense is op 10 Maart dood toe vlug 302, ’n Boeing 737 Max 8-vliegtuig, onderweg van Addis Abeba in Ethiopië na Nairobi, Kenia, neergestort het. 189 mense is op 29 Oktober verlede jaar dood toe die vlug 610, ook ’n Max 8, onderweg van Djakarta na Pangkal Pinang in Indonesië neergestort het.

Probleme met die Max 8-sagteware word vermoed en al 371 van die vliegtuie wêreldwyd is sedert die Ethiopiese ongeluk gehok terwyl die oorsaak ondersoek word.

Die vliegtuigvervaardiger werk met reguleerders saam om die oorsaak van die ongelukke op te spoor. Nuwe sagteware vir die Max word binnekort bekend gestel.

Muilenberg sê Boeing bou al 100 jaar lank vliegtuie en is daartoe verbind om vliegtuie veiliger te maak.

“Ons weet lewens hang af van die werk wat ons doen, en ons spanne aanvaar daardie verantwoordelikheid met ’n diepe verbintenis elke dag.”

Boeing se aandeelprys op die New Yorkse Aandelebeurs het sedert die ongeluk met 12% gedaal.

Meer oor:  Boeing  |  Maatskappye  |  Vliegtuigongeluk  |  Vliegramp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.