Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Boeing, Porsche wil mense in stede rondvlieg

Die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing werk saam met Porsche, ’n handelsnaam van Volkswagen, om ’n konsep- elektriese vliegtuig te ontwikkel wat mense in stedelike gebiede kan vervoer.

Boeing ding reeds met Airbus en ander maatskappye mee om klein self-vlieënde voertuie bekend te stel wat vertikaal kan opstyg en land.

Vroeër vanjaar het Boeing die eerste toetsvlug gedoen van ’n prototipe van die lugmotor wat twee tot vier passasiers kan vervoer en tot sowat 80 km ver kan vlieg.

Airbus het reeds vroeër ’n prototipe van ’n outonome passasiersvoertuig bekend gestel, wat hy in samewerking met Audi ontwikkel het. Dit kan vlieg en ry.

Porsche beoog om motors te bou wat vlieg en as taxi’s gebruik kan word.

As deel van die ooreenkoms sal Boeing en Porsche die markpotensiaal vir premium lugvoertuie en hul moontlike gebruik in stede en metropole met groot bevolkings ontleed.

Die vennootskap kom op ’n kritieke tyd vir sowel Volkswagen as Boeing.

Die Duitse motorvervaardiger probeer sy beeld herstel ná die uitlaatgasskandaal, terwyl Boeing sukkel met sy ergste krisis ná twee noodlottige neerstortings van sy 737 MAX. Dit het daartoe gelei dat dié vliegtuig, sy topverkoper wêreldwyd, se vlerke vir eers geknip is. Reuters


Meer oor:  Porsche  |  Boeing  |  Vliegtuig  |  Taxidiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.