Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Boete van R10,9 m. vir duur gesigmaskers

Die Mededingingskommissie het amptelik aanbeveel dat ’n verskaffer van gesigmaskers wat sy pryse buitensporig verhoog het, met ’n boete van R10,9 miljoen gestraf word.

’n FFP1-stofmasker. Foto: PPE Distributors

Matus, ’n nasionale verspreider van stofmaskers en ander beskermende toerusting, het volgens die kommissie die pryse van FFP1- en FFP2-stofmaskers buitensporig verhoog te midde van die nasionale ramptoestand sonder dat sy verskaffers se pryse gestyg het.

Die prysverhoging het dus regstreeks tot ’n styging in sy bruto wins gelei, wat ingevolge regulasies van die ramptoestand onwettig is.

Die kommissie het nou die saak met sy aanbevelings oor straf na die Mededingingstribunaal verwys vir bekragtiging.

Matus, wat ná konsultasie skuld beken het, sal ’n boete van R5,9 miljoen betaal aan die kommissie en R5 miljoen aan die Solidariteitsfonds skenk.

Die maatskappy sal ook vir die duur van die ramptoestand sy winsmarge verlaag tot waar dit op 16 Februarie was en dit daar hou.

Dié maatreëls sal geld totdat gesigmaskers en ander beskermende toerusting nie meer kragtens die ramptoestand as noodsaaklike items beskou word nie.

Volgens die kommissie het Matus ingestem tot die voorwaardes.

Die kommissie, wat hoofsaaklik fokus op sake wat verband hou met die Covid-19-pandemie en die staat van inperking, is op die oorlogspad teen maatskappye wat pryse kunsmatig opstoot om baat te vind by die ramptoestand.

Luidens ’n verklaring wat Woensdag deur die kommissie uitgereik is, is hy in die proses om talle ander maatskappye, soos apteke, te straf nadat hulle die pryse van produkte opgejaag het. Ook hulle sal boetes moet betaal of liefdadigheidskenkings moet maak.

Meer oor:  Mededingingskommissie  |  Gesigmaskers  |  Pryse  |  Boete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.