Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Bosasa’-veiling: Jan Taks kry groot hap
Clive Lazarus van Park Village Auctions op die “Bosasa”-veiling in Krugersdorp. Foto: Simon Sonnekus

“Seven six four, seven six four,” het Vrydag herhaaldelik opgeklink op die derde en laaste dag van die sogenaamde Bosasa-veiling in Krugersdorp.

Die bates van African Global Operations (AGO), voorheen Bosasa, is die afgelope week opgeveil met kantoormeubels, leerbanke, beddens, yskaste, televisies, koffiemasjiene en ander toerusting wat op die laaste dag onder die hamer gekom het.

764 is die Fidelity-sekerheidsgroep se bie nommer en bod ná bod is aan die groep toegestaan.

Fidelity het Donderdag die perseel vir R12,5 miljoen opgeraap en volgens Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity, maak dit sin dat die meubels bly waar dit is.

“Ons glo ons het die eiendom teen ’n baie billike prys gekry,” sê hy. “Ons sal in elk geval meubels moes koop. Hierdie meubels is reeds hier. Daarom het ons besluit om bykans al die beskikbare artikels te koop.”

Fidelity se bod vir die eiendom van 8,2 hektaar in Luiperdsvlei was Donderdag ook suksesvol. Die eiendom is vir R12,5 miljoen verkoop.

Volgens Bartmann het Fidelity, saam met sy ander aankope, bykans R3 miljoen bestee aan nuwe toerusting.

Een van die duurste enkele artikels wat Fidelity gekoop het, is ’n nywerheidskoffiemasjien vir bykans R100 000.

Maar die sekerheidsgroep het nie alles gekoop nie.

Anne-Marié Combrinck, eienaar van ’n drukkery, is in die wolke oor die winskopie wat sy losgeslaan het met ’n reuse-drukker. Nuut sou sy bykans R300 000 daarvoor moes opdok, maar haar bod van R76 000 is toegestaan.

Combrinck moet egter, soos die ander bieërs, belasting en kommissie betaal. Dit bring die totale bedrag op R95 000 te staan. “Ek is baie tevrede met my aanwins,” sê sy.

Clive Lazarus, afslaer van Park Village Auctions, sê hy is baie tevrede met hoe dag drie verloop het en die pryse wat behaal is.

Die opbrengs van die veiling gaan onder meer aan Jan Taks aan wie AGO sowat R500 miljoen skuld.

Lazarus het bevestig die opbrengs van die veiling is byna R100 miljoen.

Meer oor:  Gavin Watson  |  Bosasa  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.