Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bradlows-groep in hof oor versekering aan oues

’n Filiaal van Pepkor het werkloosheids- en ongeskiktheidsversekering aan bejaardes op staatstoelae verkoop wat nooit dié voordele sou kon benut nie.

meubels
Meubels wat op skuld gekoop word, bevat bykans altyd kredietversekering. Foto: Pixabay

Werkloosheids-, ongeskiktheids- en lewensversekering is dikwels ’n verpligte koste as mense meubels op skuld koop. Dit dek die waarde van die paaiemente indien kopers werkloos of gestremd word of vir hul familie indien hulle sterf sodat die meubels nie teruggeneem moet word nie.

JDG Trading is die meubel- en elektronika-filiaal van Pepkor wat onder meer Russels, Bradlows en Incredible Connection besit en dié groep se finansiële dienste behartig.

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het Pepkor oor die praktyk hof toe gesleep.

Dis nie die eerste meubelwinkelgroep wat in die NKR se visier is nie. Die NKR fynkam meubelkoopkontrakte nou al minstens sedert 2015 en het Lewis ook al vir die praktyk vervolg.

Mense wat vir hulself werk, kwalifiseer ook nie vir werkloosheidsversekering nie.

Die saak teen JDG Trading kom al van 2015 af aan.

Die NKR beskuldig die maatskappy in hofstukke daarvan dat hy “onkundige bejaardes” uitbuit en nie vir hulle verduidelik waarvoor hulle alles betaal nie.

Die datum vir die saak is nog nie bepaal nie.

JDG sê in hofstukke verskillende soorte kredietversekering word saamgebondel om dit goedkoper te maak vir al sy klante, waarvan baie wel werk het. Die maatskappy beskou die reguleerder as “paternalisties” om te aanvaar pensioentrekkers weet nie wat hulle koop nie.

Pepkor het aan Bloomberg gesê hy gaan nie nou verder kommentaar lewer nie omdat die regsproses voortduur.

Die NKR het ook al teen Net 1 UEPS, die maatskappy wat tot ’n paar jaar gelede staatstoelae namens die staat uitbetaal het, opgetree vir aftrekkings van die toelae. Dit het lenings en lugtyd ingesluit.

Byna 18 miljoen Suid-Afrikaners ontvang toelae.

“Dis heeltemal teenstrydig met die beginsels van maatskaplike solidariteit en verbruikersbeskerming,” sê prof. Roseanne Harris, voormalige president van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika, wie se verklaring as dié van ’n onafhanklike kundige ingedien is in die aansoek van die Black Sash om as ’n vriend van die hof deel te wees van die saak.

“Dit maak my diep bekommerd dat JD Group blyk te impliseer dat kwesbare polishouers mense met werk moet kruissubsidieer.”

Beskerming teen afleggings is die duurste deel van die versekering, gevolg deur ongeskiktheidsdekking. Dit maak die premie vier keer hoër as wat nié vir lewensversekering nodig sou gewees het nie. – Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.