SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Brait-aandeel skiet op ná goeie nuus

’n Aankondiging van die beleggingsgroep Brait dat hy vorder met die vermindering van sy skuldlas en dat hy oor die volgende vyf jaar bates wil verkoop en kapitaal aan sy aandeelhouers wil uitkeer, het ’n stormloop vir sy aandele op die JSE ontketen.

Christo Wiese, billionaire and chairman of Steinho
Christo Wiese is die grootste aandeelhouer in Brait deur sy beleggingsbeheerfirma Titan. Foto: Getty Images

Brait se aandeelprys op die JSE het teen Donderdag laatoggend al 12% beter teen R15,72 verhandel.

Brait se primêre notering is op die Luxemburgse aandelebeurs, en hy is in Malta as ’n Europese maatskappy geregistreer. Die sakemagnaat Christo Wiese is die grootste aandeelhouer in Brait via sy beleggingsfirma Titan.

Brait sê hy het groot vordering gemaak om sy skuldhefboomverhouding te verklein en om die termyne vir skuldafbetaling op sy balansstaat te verleng.

Hy is ook ver gevorder met onderhandelings om sy bedryfskoste aansienlik te verlaag, en het besluit op ’n nuwe strategie om waarde te ontsluit deur oor die volgende vyf jaar van die bates in sy portefeulje te realiseer en kapitaal aan aandeelhouers uit te keer.

Brait besit groot belange in die fiksheidsgroep Virgin Active, die kosgroep Premier Foods, die Britse kruidenierswaregroep Iceland en die winkelgroep New Look.

Brait gaan op 27 November sy resultate vir die halfjaar tot einde September bekend maak en sal dan meer besonderhede oor sy jongste aankondiging gee, het hy op die Sens-nuusdiens gesê.

Dit is moontlik ’n verwysing na beoogde transaksies deur Wiese se Titan om 27 miljoen aandele in Brait aan die batebestuursfirma Mergence te verkoop, waaroor in September berig is. Die doel van die transaksie is om Brait se skuldvlakke te verminder.

Meer oor:  Mergence  |  Brait  |  Virgin Active  |  Christo Wiese  |  Beleggingsbeheerfirma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.