Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Brexit kry nie vir Bidcorp onder
Bernard Benson, uitvoerende hoof van die internasionale voedseldienstegroep Bidcorp.

Ondanks Brexit-voosheid in Brittanje het die internasionale kosdienstegroep Bidcorp sy handelswins daar in die jaar tot einde Junie met 20% opgestoot.

Bidcorp, wat in 2016 uit Bidvest ontknoop en apart op die JSE genoteer is, het sy totale handelswins met 11,8% tot R6,7 miljard verhoog, en ook goeie handelswins in Europa, Australië en Asië behaal.

In Januarie is Punjab Kitchen in Brittanje oorgeneem en tot Simply Food Solutions herdoop. Dit is ’n onderneming wat eet-gereed nismaaltye aflewer by hospitale, byvoorbeeld vir mense op spesifieke diëte of wat halaal- of kosjer-maaltye vereis. Dit verskaf ook vegetariese en glutenvrye geregte, of kosse wat ’n sekere tekstuur moet hê.

Bidcorp verwag die oorname sal sy vervaardigingsvermoë en waardetoevoegende produkreeks in Brittanje verhoog.

Ander verkrygings wat Bidcorp in die boekjaar tot einde Junie beklink het, is die koop van ’n oorblywende belang in D&D in Italië en die oorname van Igartza in Spanje.

Bidcorp-jaarsyfers
  • Wesensverdienste per aandeel klim met 12,5% tot 1443,6c
  • Handelswins groei met 11,8% tot R6,7 miljard
  • Slotdividend groei met 17,9% tot R3,30 per aandeel

D&D Food Service is ’n kosafleweringsdiens vir restaurante in Emilia-Romagna in Italië en Igartza lewer fynproewerskosprodukte aan restaurante en hotelle in Spanje.

Bidcorp het wel net R847 miljoen in nuwe verkrygings belê teenoor R1,2 miljard in die vorige boekjaar. Hy wou hom eers toespits op die vestiging van onlangse verkrygings in Duitsland, Australië, Spanje en Portugal.

Bernard Berson, uitvoerende hoof van Bidcorp, sê ondanks laer kosinflasie en matige ekonomiese groei het die groep handelsgroei in al sy sakegebiede ervaar.

Berson sê die groep is finansieel sterk, wat hom aansienlike beweegruimte gee om die regte geleenthede te benut wanneer dit opduik.

Sy slotdividend van R3,30 per aandeel bring die jaardividend op R6,40 te staan, wat 14,3% meer is as 2018 se jaardividend.

    Meer oor:  Bidvest  |  Bidcorp  |  Resultate  |  Maatskappye
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.