Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Brikor weer goed op dreef

Die bakstene vlieg nou van die rakke af by Brikor.

Brikor sê hy kan nie voorbly om bakstene vir die plaaslike mark te vervaardig nie. Foto: Verskaf

Dié genoteerde maatskappy, wat die afgelope jare klippe gekou het nadat hy in Julie 2013 voorlopig likwideer is, sê hy kan nou nie voor bly om genoeg bakstene vir die Suid-Afrikaanse mark te vervaardig nie.

Garnett Parkin, uitvoerende hoof, het Woensdag in ’n verklaring gesê nadat die maatskappy al sy bedrywighede op vlak 5 van die staat van inperking moes staak en geen produkte kon verkoop nie, het dié situasie nou drasties verander.

“Dit gaan baie goed met ons. Ons het nou nie genoeg bakstene nie. As ons môre weer ’n baksteenfabriek sou kon koop, sou ons dit doen.”

Hy sê dit het baie gehelp dat Brikor aangepas het en ’n platform geskep het waar klante bakstene aanlyn of telefonies kan bestel.

Die maatskappy kon in Mei weer teen 50% van sy kapasiteit in bedryf kom. Hy het stelselmatig, namate die regulasies dit toegelaat het, sy produksie verhoog.

Brikor het in Oktober 2015 uit voorlopige likwidasie gekom, maar kon tot dusver nie weer op die JSE verhandel nie.

Die JSE het egter verlede week dié opskorting van sy verhandeling opgehef.

Die maatskappy verhandel sedert 23 Julie weer op die beurs. Sy aandeelprys het Woensdag teen 9c verhandel.

Meer oor:  Brikor  |  Konstruksie  |  Bakstene  |  Konstruksiebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.