Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Brimstone belê nog miljoene in gesondheid

Die genoteerde Kaapse beleggingsbeheerfirma Brimstone Investments het sy belang in Obsidian Health tot 80% verhoog.

Obsidian versprei onder meer mediese toestelle wat in ’n wye verskeidenheid operasies nodig is.

Brimstone het reeds 25% van Obsidian besit en het nóg 55% vir R35,7 miljoen kontant aangeskaf.

Obsidian versprei onder meer mediese toestelle wat in ’n wye verskeidenheid operasies nodig is aan sowel die private as openbare sektor.

Die maatskappy is die oorblywende deel van die mediese afdeling van The Scientific Group, waarin Brimstone nou al byna 20 jaar belê is.

Brimstone besit ’n verskeidenheid belange, onder meer in die herversekeraar Aon Re Africa, Grindrod, die Equites Property Fund en die klerevervaardiger House of Monatic. Hy is ook in die private hospitaalgroep Life Healthcare belê.

Die belegging is dus in pas met die firma se beleggingsfilosofie om ’n “langtermynvennootskap” te vorm, ’n “model wat werklike aandeelhouerswaarde opgelewer het terwyl dit doeltreffende transformasie en inklusiewe bemagtiging bevorder,” sê Brimstone in sy Sens-verklaring oor die verkryging.

Mustaq Brey, uitvoerende hoof van Brimstone, sê: “Ons het ’n lang pad met ’n sterk bestuurspan by Obsidian Health gestap. Hierdie is nog ’n voorbeeld van hoe ons ons belang mettertyd verhoog het tot ’n baie betekenisvolle posisie in ’n goeie onderneming.

“Omdat ons al lank in dié onderneming belê is, het ons ’n goeie begrip van die dinamika en maatstawwe van die onderneming, en ons sal voortgaan om waarde en voordeel vir Obsidian Health toe te voeg met ons stewige bemagtigingstatus.”

Shawn Landman, Obsidian se uitvoerende hoof, sê hulle sien uit na geleenthede wat die sterker verhouding kan bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.