Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Britse hamburgers laat Famous Brands stik
’n Gourmet Burger Kitchen-restaurant in Londen.Foto: Facebook

Regstelling: In ’n vorige weergawe van die berig is verkeerdelik geskryf dat Spur en Panarottis deel is van Famous Brands. Dié twee restaurante behoort aan die Spur Corporation, een van Famous Brands se mededingers.

Aandeelhouers in Famous Brands was Donderdagoggend glad nie beïndruk met die nuus dat dié maatskappy beduidend swakker jaarresultate verwag nie.

Die maatskappy, wat restaurantgroepe soos die Wimpy en Steers besit, het Donderdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê dit is veral weens sy bedrywighede in Brittanje dat hy verwag sy basiese verdienste per aandeel gaan met tussen 94% en 96% tot tussen 18c en 23c per aandeel val.

Dit is teenoor ’n jaar tevore.

Sy wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting tussen R3,27 en R4,05 wees wat ’n daling van tussen 5% en 24% verteenwoordig.

Sy aandeelprys op die JSE het kort na dié aankondiging met meer as 3% tot R103,06 gedaal.

Famous Brands sê hy het voorheen gewaarsku dat die “heersende ongunstige makro-ekonomiese omgewing in Brittanje, waardedalings en voorsiening vir eiendomsverwante uitgawes wat met die groep se belegging in die Britse besigheid, Gourmet Burger Kitchen (GBK) Restaurants, verband hou, in berekening gebring gaan word”.

GBK het ’n bedryfsverlies van £7,8 miljoen in die tydperk gely.

Famous Brands sê sy direksie is egter vol vertroue dat dié afdeling weer op mediumtermyn winsgewend sal word.

Die maatskappy gaan op 24 Mei sy jaarresultate bekend maak.

Meer oor:  Spur Steak Ranches  |  Panarottis  |  Spur  |  Famous Brands  |  Maatskappye  |  Jaarresultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.