Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Burger King-baas se syfers lyk dalk beter

Die maatskappy wat sy fortuin uit dobbel gemaak het, maar sy vingers met oliebolle verskroei het, gaan oënskynlik vir eerste keer in drie jaar ’n positiewe wesensverdienste oplewer.

'n Pakkie Burger King skyfies. Foto: Burger King

Grand Parade Investments (GPI) ly nou al ’n wesensverlies sedert 2017, wat daaraan toegeskryf word hy hom in die kosbedryf begewe het met die verkryging van die meesterlisensie vir Burger King in Suid-Afrika in 2013.

Hoewel Burger King-verkope flink verloop, het dit eers teen verlede jaar begin lyk asof dié franchise gelykbreekvlak nader, maar intussen het GPI die meesterlisensie vir Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins (’n roomysfranchise) gekoop wat groot smart meegebring het. Dié winkels is vroeër vanjaar gelikwideer en die feit dat dit uit die syfers gehaal word, verklaar bes moontlik die wesensverdienste.

Daarby het GPI ook onlangs heelwat van sy Spur-aandele verkoop, en ná die einde van sy boekjaar in Junie sy belang in die dobbelmaatskappy Sun Slots.

In ’n handelsverklaring sê GPI sy basiese verlies per aandeel vir die boekjaar tot einde Junie gaan tussen 7,21c en 9,55c per aandeel wees, ’n verbetering van tussen 18% en 38% tenoor die vorige jaar se verlies.

Sy wesensverdienste per aandeel gaan egter positief wees op tussen 7,97c en 10,21c per aandeel. In 2018 is ’n wesensverlies gely.

GPI verskaf self geen rede vir die verbetering in die syfers nie.

Die groep reik sy resultate op 20 September uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.