Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Burger King se verkoop sloer weens Covid-19

Die verkoop van Burger King word heronderhandel weens die impak van die Covid-19-verwante inperking.

Burger King het, soos alle kitskosplekke, vyf weke se verkope verloor.

Grand Parade Investments (GPI), wat die meesterlisensie vir Burger King in Suid-Afrika besit, sê in ’n Sens-verklaring die bepalings en voorwaardes vir die transaksie word weens die pandemie heronderhandel.

GPI het in Februarie aangekondig dat hy sy aandele in Burger King en Grand Foods Meat, wat die hamburgerfrikkadelle vir Burger King vervaardig, aan die ECP Africa Fund IV verkoop. Toe was die totale koopprys R697 miljoen.

Die maatskappy sê indien die heronderhandeling suksesvol is, sal hy dit aan die mark bekend maak.

GPI het die eerste tak van Burger King in 2013 in Kaapstad geopen. In die afgelope boekjaar was Burger King, met ’n wins van R11,7 miljoen, vir die eerste keer tot dusver winsgewend.

Burger King se deure was in die eerste vyf weke van die inperking toe, maar die meeste takke het sedert begin Mei vir aflewering heropen, wat ingevolge vlak 4-regulasies toegelaat word.

Daar word voorsien dat mense hul eie kitskos sal kan optel wanneer vlak 3 teen einde Mei in werking tree. Groot onsekerheid heers nog of vlak 3 landwyd in werking gestel gaan word of net in gebiede met lae infeksiekoerse.

Meer oor:  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Covid-19  |  Kitskos  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Restaurante  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.