Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Burger King vir R670 m. verkoop
Mense staan tou voor die Burger King toe dit in Sandton, Johannesburg, oopgemaak het.Foto: Argief

Grand Parade Investments (GPI) het die franchiseregte vir Burger King in Suid-Afrika en sy belang in Grand Foods Meat Plant (GFMP) vir R697 miljoen aan ECP Africa verkoop. 

ECP sal R670 miljoen vir Burger King en R27 miljoen vir GFMP betaal.

GFMP is die fabriek wat reeds al Burger King se hamburgerfrikkadelle maak. Hy verskaf ook vleis aan Spur en The Grill Father.

GPI het vroeg Woensdagoggend dié aankondiging op die JSE se nuusdiens, Sens, gemaak.

Hy sê hoewel hy die afgelope tyd vordering gemaak het om sy finansiële prestasie te verbeter, het hy tog besluit om van sekere van sy bates ontslae te raak om “meer waarde vir beleggers” te ontsluit.

“Die verkoop van GPI se belang in Burger King en GFMP verteenwoordig die eerste fase van hierdie strategie om waarde te ontsluit,” sê die maatskappy in die verklaring.

GPI het reeds in Desember gesê hy oorweeg dit om ’n wesenlike belang in Burger King te verkoop.

Hassen Adams, voormalige voorsitter van GPI, het tóé in sy voorsittersverslag gesê GPI wil die grootste deel van Burger King verkoop ten einde weer slegs ’n beleggingsbeheerfirma te word, eerder as een wat ondernemings self bedryf

GPI het die eerste tak van Burger King in 2013 in Kaapstad geopen. In die afgelope boekjaar was Burger King, met ’n wins van R11,7 miljoen, vir die eerste keer tot dusver winsgewend.

GPI het sy sukses met Burger King probeer naboots deur in 2016 Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins in Suid-Afrika bekend te stel, maar dié oliebol- en roomyswinkels het net nie genoeg aftrek gekry nie. Dit is in Februarie 2019 gelikwideer.

GPI het in die dobbelbedryf begin sake doen, maar het ook dié belange die afgelope jare afgeskaal.

GPI sê die transaksie met ECP Africa is onderhewig aan verskeie voorwaardes. Van hierdie voorwaardes sluit onder meer die goedkeuring van aandeelhouers en die JSE in.

Hy dui geen spesifieke datum aan van wanneer die transaksie afgehandel sal wees nie en sê net dit sal wees die oomblik wanneer daar aan alle voorwaardes voldoen word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.