Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Busdienste: Prasa se parkeergeld gekap

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) misbruik sy beheer oor Parkstasie in Johannesburg en moet daaroor beboet word, meen die Mededingingskommissie.

Die kommissie het Prasa, ’n staatsonderneming, en sy filiaal Autopax na die Mededingingstribunaal verwys omdat hulle na bewering hul markoorheersing by dié stasie misbruik.

Prasa het ’n monopolie op vervoerterminusse vir langafstandbusse.

Autopax is die filiaal wat die busdienste Translux en City tot City bedryf.

Die Mededingingskommissie sê sy ondersoek dui daarop dat Prasa vir Autopax voortrek as dit kom by parkeerplek by Parkstasie. Ander busoperateurs wat met Autopax meeding, kry beperkte of geen toegang tot Parkstasie nie.

Mededingers sluit in Unitrans Passenger (wat Greyhound, Citi Liner en Megabus bedryf), InterCape, Eldo Coaches, Africa People Mover (APM), Moolla’s Transport Services en Cream Magenta (wat Eagle Liner en Intercity Xpress bedryf). Verskeie van hulle het by die kommissie gekla oor die styging in tariewe.

Prasa is die alleeneienaar bestuurder van vervoerterminusse in Suid-Afrika.

Prasa het in Desember 2013 ’n stelsel by Parkstasie ingestel wat vereis dat operateurs ’n toegangsgeld betaal sowel as uurlikse tariewe. Dit het Intercape se jaarlikse styging in terminuskoste byvoorbeeld met 460% laat opskiet.

Die stelsel is slegs by Parkstasie in werking gestel.

Busse betaal R480 (voor belasting op toegevoegde waarde) per uur om toegang tot Parkstasie se laaisones te kry, en nog R150 vir elke 15 minute wat hulle langer as ’n uur staan.

“Benewens die feit dat die volhoubaarheid en uitbreiding van Autopax se mededingers in die mark bedreig word, is die kommissie bekommerd dat die koste van die stygings aan verbruikers deurgegee word.

“Indien ander busoperateurs weens Prasa se gedrag in duie stort, sal die mark deur Autopax oorheers word, wat hom in staat sal stel om vir passasiers buitensporige pryse te vra. Autopax vra reeds meer op roetes waar hy oorheers.”

Prasa wys ’n groot, eksklusiewe gebied aan Autopax toe wat Autopax nie ten volle benut nie. En tog word verskeie interprovinsiale busdienste wat aansoek gedoen het om toegang tot Parkstasie weggewys.

Nog ’n probleem is dat Autopax self agterstallig is met die betaal van toegangsgeld en huur, maar Prasa doen geen stappe teen sy filiaal nie. Hy dreig egter ander busdienste met uitsetting sodra hulle agterstallig raak.

Die kommissie eis dat die tribunaal ’n administratiewe boete aan Prasa oplê wat nie meer as 10% van sy jaarlikse omset beloop nie. ’n Bevel word ook gevra dat Prasa ophou om sy monopolie by Parkstasie te misbruik.

Meer oor:  Prasa  |  Autopax  |  Mededingingskommissie  |  Stasie  |  Staatsondernemings  |  Busdiens  |  Busse  |  Infrastruktuur  |  Spoorweë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.