Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Canal Walk-huurders kry nie sommer betaalvakansie

Huurders by die winkelsentrum Canal Walk in Kaapstad sal nie sommer outomaties vrygeskeld word van die betaling van hul huurgeld gedurende die staat van inperking nie en net sommiges sal in aanmerking kom vir onderhandeling oor die saak.

Canal Walk is een van die grootste winkelsentrums in die land. Foto: 2OceansVibe

Dit die boodskap wat Gavin Wood, winkelsentrumbestuurder, Dinsdag aan die huurders in ’n brief geskryf het. Aansoeke vir verligting sal slegs aan sekere huurders beskikbaar gemaak word en onderhandeling daaroor sal moet plaasvind, al is die meeste van die winkelsentrum se sowat 400 winkels tans gesluit.

Volgens Wood is huurgeld die primêre bron van inkomste vir Canal Walk, wat deur Hyprop besit word. Vir dié genoteerde eiendomsmaatskappy was sake al selfs vóór die Covid-19-pandemie en gepaardgaande staat van inperking moeilik.

Hyprop se aandeelprys, wat reeds oor die afgelope ses maande 70% van sy waarde verloor het, is sedert die staat van inperking 28,7% laer en het Woensdag teen R17,38 verhandel.

Kriteria

Hoewel die regering maatreëls aangekondig het om nienoodsaaklike ondernemings te help wat gedurende die inperkingstydperk moet sluit, sê Wood Canal Walk het nogtans ’n aantal versoeke om verligting van die betaling van huurgeld ontvang.

“Ons sal elke versoek ingevolge voorafbepaalde kriteria oorweeg, te alle tye onderhewig aan interne besprekings, interne protokol en volgens ons eie diskresie,” sê Wood.

In die brief sê Wood dat die huidige skuldprofiel van elke huurder sowel as hul posisie in die Hyprop-portefeulje in ag geneem sal word by die oorweging van elke versoek om hulp met huurgeldbetalings.

“Sonder dat daar ’n verpligting van ons kant af is, sal ons elke saak op meriete oorweeg.”

Volgens Wood moet huurders egter eers by die regering se deur om hulp gaan aanklop.

Dilemma

Simon Brown, ontleder en stigter van Just One Lap, het aan Fin24 gesê dat die dilemma oor of verhuurders verligting moet bied ’n algemene tameletjie onder die groot eienaars van kleinhandelseiendomme is. Hy reken die eienaars sal dit eerder verkies om te onderhandel sodat hulle kan verseker dat hul bates beskerm word en sodat hul huurders steeds sal betaal wanneer hulle kan.

“Ons het dit reeds begin sien by die groot winkelsentrumeienaars. Beleggers in vaste eiendom praat nie van huurvakansies nie, want hulle is bekommerd dat huurders sal sê dat hulle eenvoudig nie sal betaal nie. Daarom sal die winkelsentrum se eienaars liefs met hulle wil onderhandel,” sê Brown. – Fin24

Meer oor:  Hyprop  |  Canal Walk  |  Staat Van Inperking  |  Huur  |  Winkelsentrums  |  Betaalvakansie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.