Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Canal Walk spog ook nou met Dunkin’ Donuts
Dunkin' Donuts gaan eers oor sowat 'n jaar die Gautengse mark aandurf.

Byna 100 000 oliebolle en 2 500 koppies koffie is by die eerste tak van Dunkin’ Donuts verkoop in die eerste naweek nadat dit oopgemaak het.

Bykans 5 000 Suid-Afrikaners het op 13 Oktober by die N1 Stad-winkelsentrum tougestaan – van hulle tot 25 uur lank – om hul eerste smakie te kry van dié Amerikaanse oliebol.

Volgens Davin Berrill, bedryfshoof van Dunkin’ Donuts Suid-Afrika, het die verkope hul teikens met 100% oortref. Dunkin’ Donuts behoort aan Grand Foods, die kosafdeling van Grand Parade Investments, wat ook Burger King na Suid-Afrika gebring het en pas sy belang in die Spur Corporation tot 30% verhoog het.

Berrill sê meer as ’n derde van die verkope die eerste naweek was van die vinnige ry, waar mense bokse van ses of 12 oliebolle in ’n verskeidenheid geure kon koop. Die meerderheid mense wou egter self hul oliebolle kies en was bereid om lank in die ry daarvoor te wag.

Veral jong mense het oliebolle een-een gekoop, terwyl gesinne oliebolle in bokse van 12 gekoop het. Die grootste bestelling oor dié naweek was vir 108 oliebolle.

Hy sê een van die treffers was gegeurde koffie.

Nou, drie weke later, is daar steeds rye by Dunkin’ Donuts en dit lyk asof die handelsnaam reeds getroue aanhangers het wat gereeld terugkom.

Rozanna Kader, bemarkings- en kommunikasiehoof van Grand Foods, sê aanvanklik wou mense net graag ’n selfie by Dunkin’ Donuts neem vir sosiale media. Hulle sien nou selfs mense wat van ander stede af kom wat spesiaal ietsie kom koop.

Die tweede tak van Dunkin’ Donuts maak Vrydag in Canal Walk, ook in Kaapstad, oop en daarna volg een in die middestad. Dunkin’ Donuts het gesê die eerste vyf of ses takke gaan in die Kaap open en hy gaan eers oor sowat ’n jaar na ander provinsies uitbrei.

Gautengers kan darem reeds weglê aan die produk van ’n mededinger, Krispy Kreme, en aan Starbucks-koffie. Nie een van dié twee Amerikaanse handelsname is al in die Kaap nie.

Krispy Kreme Suid-Afrika is ’n vennootskap tussen John & Gerry Brands en Fournews, eienaar van winkels soos News Cafe en Moyo.

Starbucks behoort aan Taste Holdings, wat ook Domino’s Pizza besit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.