Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec appelleer teen uitspraak vir Gupta-firma

Capitec gaan appelleer teen die hofuitspraak wat hom dwing om toestemming te gee vir die verkoop van Capitec-aandele wat aan die Gupta-verwante maatskappy Coral Lagoon behoort.

capitec
Capitec skop vas teen ’n hofuitspraak wat sy bemagtigingstatus sal verwater.

Charl Nel, hoof van kommunikasie by Capitec, sê die bank het regter Bashier Vally se uitspraak vroeër die week in die hooggeregshof in Johannesburg bestudeer en het besluit om ’n aansoek om verlof tot appèl in te dien.

Die aansoek is hangende voor die hof, en ’n verdere verklaring sal gedoen word sodra die hof beslis het oor die aansoek, sê Nel.

Die saak spruit uit ’n gekonkel deur Regiments Capital, ’n maatskappy wat bande het met die omstrede Indiese familie wat glo by staatskaping betrokke was. Regiments het voorgegee om werk vir ’n pensioenfonds van Transnet, die Transnet Tweedevastevoordeelfonds (TTVVF) te doen, maar het die fonds in die proses met sowat R600 miljoen besteel. Die fonds het later ’n skikkingsooreenkoms met Regiments aangegaan ingevolge waarvan Regiments R500 miljoen aan die fonds sou terugbetaal.

Om die skikking te kan bekostig, wou Regiments hê Coral Lagoon, ’n verwante maatskappy, moet die Capitec-aandele wat hy besit, verkoop sodat die opbrengs gebruik kan word om die skikkingsbedrag te betaal.

Capitec het egter hierteen vasgeskop omdat Coral Lagoon as ’n bemagtigingsaandeelhouer gekwalifiseer het en Capitec wou nie sy eie bemagtigingstatus verwater nie.

Intussen wag pensioentrekkers van die TTVVF nog vir nuus oor die bekragtiging van ’n skikking tussen Transnet, die fonds en pensioentrekkers om hul pensioenvoordele te verbeter.

Weens swak beleggingsbesluite deur Transnet en die fonds het pensioentrekkers sedert die vroeë 2000’s net ’n jaarlikse verhoging van 2% gekry terwyl inflasie veel hoër was oor dié tydperk. Hulle het oor die jare dus toenemend verarm. Die skikking is deur al die partye goedgekeur en behels bonusbetalings van R30 000 aan elke pensioentrekker en jaarlikse verhogings vir drie jaar van minstens 70% van die inflasiekoers. ’n Hof moet nog die ooreenkoms bekragtig.

Meer oor:  Regiments Capital  |  Capitec  |  Guptas  |  Staatskaping  |  Bankbedryf  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.