Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec-direkteur verkoop ál sy aandele

Seker een van die bekendste kortverkopers in Suid-Afrika, Jean Pierre Verster, het al sy aandele in Capitec verkoop.

Capitec se aandeelprys is op ’n hoogtepunt. Foto: Verskaf

Verster het begin 2015 ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van Capitec geword.

Hy was vir lank voor dit uitgesproke in sy kritiek oor African Bank, wat in 2014 ineengestort het.

“Ek was krities oor African Bank en het gereeld en pertinent die punt gemaak dat die twee ondernemings (Capitec en African Bank) baie verskillend is. Capitec is baie konserwatief en ek het nie ’n probleem met hul voorsieningsbeleid gehad nie.”

Volgens Verster het hy Dinsdag al sy aandele verkoop. Dit was 5 000 aandele teen altesaam R7,2 miljoen.

Hy het reeds voor sy aanstelling as direkteur die aandele besit.

“Dit is ’n persoonlike besluit om nou te verkoop.”

Volgens hom gaan hy die geld aanwend vir die nuwe verskansingsfondsmaatskappy wat hy onlangs begin het, Protea Capital Management.

Hy is nie van voorneme om as direkteur van Capitec te bedank nie. “Dis nie ongewoon vir ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur om nie aandele in die onderneming te besit op wie se direksie hy dien nie.”

Die bekende fondsbestuurder Piet Viljoen het só op Twitter opgemerk Verster het sy aandele verkoop.

Capitec se aandeelprys het Dinsdag met sluiting op sy hoogste vlak tot dusver van R1 455,29 verhandel, toon Iress.

Meer oor:  Capitec  |  Jean Pierre Verster  |  Bankbedryf  |  Kortverkope  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.