Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec en Mercantile nou amptelik een
Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec.Foto: Elvira Wood

Capitec se verkryging van Mercantile Bank is finaal deur die minister van finansies en ander owerhede goedgekeur.

Dit volg nadat Capitec se aanbod om dié sakebank vir R3,2 miljard te koop, reeds in 2018 aanvaar is.

Capitec gaan uit sy kapitaal en kontantreserwes vir die transaksie betaal.

Capitec sê Woensdagmiddag laat in ’n verklaring dat dié verkryging hom in staat stel om vinnig die mark vir sakebankdienste te betree.

“Mercantile se kernaanbod is bankdienste vir gevestigde klein tot mediumgrootte ondernemings en ondernemers. Dit is dus goed geposisioneer om in pas te kom met Capitec Bank se sakebankstrategie.”

Die twee banke sal vir eers onafhanklik bedryf word, met gewone mense wat deur Capitec bedien word en die sakesektor wat na Mercantile verwys sal word.

“Ons plan is om Mercantile tot Capitec se sakebank te laat groei.

“Ons glo dat dit opwindende geleenthede vir werknemers van Mercantile en Capitec sal skep. Ons behoefte aan opgeleide personeel sal aansienlik toeneem om dié gewenste groei te bereik,” lui die verklaring.

Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec, het vroeër in Oktober vir Netwerk24 gesê die bank beplan om vanjaar nog sowat 600 mense aan te stel.

“Ons is veral op soek na ingenieurs, bedryfswetenskaplikes en masjienleerdeskundiges. Ons kort net by hoofkantoor ten minste 150 personeellede,” sê hy

Mercantile is te koop aangebied deur sy aandeelhouer, die Portugese staatsbank Caixa Geral de Depósitos, omdat hy sy nie-kernondernemings buite Portugal verkoop as deel van sy herkapitaliseringsplanne.

Meer oor:  Capitec  |  Mercantile Bank  |  Gerrie Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.