Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec-kliënte nou beloon as hul petrol ingooi

Capitec Bank het die wêreld van lojaliteitsprogramme verder betree met ’n nuwe voordeel wat bekend gestel is om sy kliënte te beloon wat by Shell brandstof ingooi.

Capitec-kliënte gaan 20c per liter petrol terugkry as hulle by Shell ingooi.

Volgens Francois Viviers, hoof van bemarking en kommunikasie by Capitec, is die vennootskap met Shell net die eerste van nog talle wat vanjaar gaan kom.

Volgens die bank sal die voordeel ongeveer R10 miljoen per maand vir al sy kliënte bespaar as hul petrol by Shell ingooi.

Die bank sê in ’n verklaring die ooreenkoms sal neerkom op 20c per liter wat ’n kliënt terug in sy sak kry.

Kliënte moet registreer om ’n lojaliteitskaart met die handelsnaam Shell V+ te kry wat gebruik word om in aanmerking te kom vir die voordeel wanneer petrol gekoop word as daar met ’n Capitec-bankkaart betaal word.

Volgens hom word die voordeel sonder ekstra koste aangebied, vergeleke met sommige ander banke se voordeel wat administrasiekoste het omdat dit deel is van hul lojaliteitsprogramme.

Viviers sê die program gaan eenvoudiger wees as ander banke s’n omdat alle kliënte ewe veel baat vind daarby.

Dit is nie nodig om punte te verdien en van een vlak tot ’n ander vlak te vorder om die voordeel te kry nie.

Die program het begin Februarie afgeskop.

Shell het meer as 600 vulstasies landwyd, wat die voordeel toeganklik maak vir Capitec se meer as 15 miljoen kliënte.

Capitec-kliënte sal ook 0,5% kontant kan terugkry op uitgesoekte items in Shell Select-winkels.

Die terugbetaling van die kontant wat teruggekry word op brandstof- en winkelaankope sal in die V+-beursie van die kliënt gelaai word, wat hulle dan weer kan gebruik om enigiets by Shell te koop.

Viviers sê die ander voordele in sy lojaliteitsprogram gaan ook só werk dat alle kliënte outomaties kwalifiseer.

Meer oor:  Shell  |  Capitec  |  Lojaliteitsprogram  |  Bankbedryf  |  Petrol  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.