Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec se Riaan Stassen tree af
Riaan Stassen

Riaan Stassen, een van die stigters van Capitec Bank, tree af.

Die bank sê Donderdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat Stassen se laaste werksdag 31 Mei is.

Stassen was tot 2013 uitvoerende hoof van Capitec.

Hy dien reeds sedert 2016 as nie-uitvoerende voorsitter van die direksies van Capitec en Capitec Bank.

Santie Botha, tans voorsitter van Curro en Famous Brands en direksielid van Telkom, sal die leisels by Stassen oorneem. Liberty het Dinsdag aangekondig Botha het met onmiddellike effek as nie-uitvoerende direkteur bedank.

Botha het jare se ervaring van bankdienste aangesien sy voorheen in die direksie van Absa (1996 tot 2003) gedien het. Sy was ook ’n nie-uitvoerende direkteur van Imperial en Tiger Brands en uitvoerende direkteur van MTN en Unilever in Londen.

Meer oor:  Capitec  |  Riaan Stassen  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.