Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec se wins gaan met meer as 500% opskiet

Minstens 500%.

Capitec het sowat 840 takke landwyd.

Dís met hoeveel Capitec reken sy wesensverdienste per aandeel – oftewel sy wins uit bedrywighede – in die eerste helfte van sy nuwe boekjaar gaan styg.

Dié tydperk, van Maart tot Augustus, word uiteraard vergelyk met die strengste vlakke van inperking wat Suid-Afrika tydens die eerste vlaag Covid-19-infeksies beleef het. In dié tyd het die ekonomie tot stilstand gekners, wat ook banke se inkomste uit transaksies en lenings geraak het.

Die groep sê in ’n Sens-verklaring die bank se verdienste gaan meer as R3,3 miljard wees, oftewel 292% meer as die R841 miljoen vir dieselfde ses maande van 2020.

Genoteerde maatskappye moet die mark inlig as hul syfers met 20% gaan verskil van die vergelykbare tydperk.

Capitec waarsku wel dat die ramings gegrond is op die eerste kwartaal van sy boekjaar (Maart tot Mei), voor die aanvang van die derde vlaag Covid-19-infeksies.

Die probleme en vertragings met inentings, sowel as die ekonomiese omgewing, “verteenwoordig ’n uitdaging”.

Die groep sal later verdere aanduidings van sy winsstyging gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.