Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Capitec verwag beduidend swakker syfers
Capitec verwag ook ’n daling in wesensverdienste per aandeel weens die Covid-19-pandemie. Foto: Argief

Soos die ander groot banke het die Covid-19-pandemie Capitec Bank ook nie gespaar nie.

Die bank sê Maandagoggend in ’n handelsverklaring op Sens hy verwag dat sy wesensverdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Augustus tussen R4,58 en R5,59 gaan wees. Dit is tussen 78% en 82% laer as vir dieselfde tydperk ’n jaar gelede.

Sy verdienste per aandeel gaan na verwagting ook tussen 78% en 82% laer wees teen tussen R4,59 en R5,61.

Capitec is die vyfde Suid-Afrikaanse bank wie se verdienste beduidend gedaal het weens die invloed van die pandemie.

Absa se wesensverdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Junie het met 82% tot R1,74 gedaal, terwyl Nedbank se verwaterde wesensverdienste per aandeel met 69,2% tot R4,34 gedaal het.

Standard Bank se wesensverdienste per aandeel het met 43% tot R4,73 vir dieselfde tydperk gedaal.

FirstRand, waarvan FNB deel is, verwag dat sy wesensverdienste per aandeel tussen 35% en 45% swakker gaan wees vir die jaar tot einde Junie.

FirstRand maak Donderdag sy resultate bekend, en Capitec op 30 September.

Capitec se aandele het Maandagoggend bykans onveranderd teen R871,88 elk op die JSE verhandel.

Meer oor:  Capitec  |  Bankbedryf  |  Covid-19  |  Bankwese  |  Resultate  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.