Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Carlos Ghosn siek in tronk

Carlos Ghosn is pas vir die tweede keer amptelik aangekla soos wat Japanse aanklaers die saak teen die gevalle motorbaas, wat nou al byna twee maande lank in die tronk is, begin opbou.

Carlos Ghosn Foto: AP

Ghosn, uitgeskopte voorsitter van Nissan, het Dinsdag vir die eerste keer in die hof verskyn en het volgehou hy is onskuldig.

Intussen sê sy regspan hy het dié week koors gehad en word deur ’n dokter versorg. Hy bly in ’n enkelsel in ’n tronk in Tokio.

Ghosn se vrou, Carole, het Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin sy by Japanse owerhede pleit vir meer inligting oor haar man se gesondheid. Sy is bekommerd oor sy herstel.

Die 64-jarige is Vrydag aangekla dat hy sy persoonlike beleggingsverliese tydelik Nissan se probleem gemaak het en ook dat hy nie sy volle inkomste vir die drie jaar tot Maart 2018 verklaar het nie.

Hy is in Desember amptelik daarvan aangekla dat hy sy vergoeding vir vorige jare verkeerd aangemeld het.

Sy regspan het Vrydag herhaal hulle wil aansoek doen om borgtog.

Ghosn is op 19 November by die Haneda-lughawe in Tokio in hegtenis geneem.

Dit het skokgolwe in die motorbedryf veroorsaak, veral omdat dit die wêreld se grootste alliansie, tussen Renault en Nissan, in gedrang bring. Nissan het hom dadelik as voorsitter afgedank, maar Renault wil eers meer bewyse sien. Ghosn is amptelik nog Renault se uitvoerende hoof en direksievoorsitter, hoewel mense in waarnemende hoedanigheid vir die poste aangewys is.

Greg Kelly, Ghosn se assistent wat saam met hom in hegtenis geneem is, is op 25 Desember op borgtog vrygelaat.

Kelly se vrou, Dee, het in Desember in ’n video gesê die saak spruit uit ’n paleisrevolusie aangevoer deur Hiroto Saikawa, uitvoerende hoof van Nissan.

Saikawa het dit Donderdag in ’n nuuskonferensie ontken.

Nissan as maatskappy is ook aangekla.

Bronne: Bloomberg en Reuters

Meer oor:  Renault  |  Nissan  |  Carlos Ghosn  |  Japan  |  Motors  |  Motorvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.