Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Cashbuild bou voort op goeie verkope

Die boubedryf is een van min wat oënskynlik te midde van die Covid-19-krisis floreer.

Die Cashbuild-groep het die afgelope twee jaar 23 winkels bygekry na onder meer die verkryging van P&L Hardware. Foto: Cashbuild

Cashbuild, die genoteerde maatskappy wat die winkels Cashbuild en P&L Hardware besit, het pas weer gewys dat die verkope van boumateriale en ysterware steeds die hoogte inskiet soos mense hul wonings vir werk van die huis af inrig of oumawoonstelle aanbou.

Cashbuild se inkomste het in die tweede kwartaal van sy boekjaar, die drie maande tot einde Desember, en ook vir die eerste helfte van sy boekjaar met 21% opgeskiet vergeleke met dieselfde tydperke van 2019.

Die grootste deel van die styging, 19%, kom van die 303 winkels wat ook in die vorige boekjaar bestaan het en 2% van die 14 nuwe winkels.

Transaksies deur kasregisters was onderskeidelik 10% en 14% hoër. Teen einde Desember was Cashbuild se pryse 4,5% hoër as ’n jaar gelede.

In Suid-Afrika het Cashbuild-verkope in die halfjaar met 24% gestyg, in Namibië, eSwatini en Lesotho met 28% en in Botswana, Malawi en Zambië met 19%. Suid-Afrika verteenwoordig 80% van Cashbuild se verkope.

P&L Hardware se verkope het met net 4% gestyg.

Cashbuild verwag dat sy verdienste en wesensverdienste per aandeel albei met minstens 100% gaan styg en verdien. Dit word aan die stewige groei in sy inkomste toegeskryf, terwyl hy ook sy koste in bedwang gehou het.

Die groep reik sy halfjaarsyfers op 2 Maart uit.

Meer oor:  Cashbuild  |  Konstruksie  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Werk Van Huis Af  |  Boubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.