Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Cashbuild koop Timbercity, Buco van Pepkor
Een van Cashbuild se boumateriaalwinkels in Pretoria.

Die genoteerde bouwarewinkelgroep Cashbuild gaan ’n paar nuwe kettingwinkels, insluitende Buco en Timbercity, ryker wees teen R1,1 miljard.

Cashbuild gaan die onderneming wat voorheen as Steinhoff Doors and Building Materials (SteinBuild) bekend gestaan het, by Pepkor koop.

Die transaksie is nog onderhewig aan goedkeuring deur die mededingingsowerhede.

SteinBuild se naam is begin verlede jaar na The Building Company verander. The Building Company besit Buco, Timbercity en Tiletoria.

LEES OOK: SteinBuild stap ook weg van Steinhoff-naam

Steinhoff het in 2008 PG Bison se belange in Timbercity en Pennypinchers geherstruktureer in ’n aparte afdeling wat toe as SteinBuild bekend gestaan het.

SteinBuild het in 2015 Iliad Africa bekom wat Buco besit het.

In 2017 het Christo Wiese se Invicta-maatskappy sy bouvoorraadmaatskappy, Building Supply Group (BSG), wat onder meer Tiletoria besit het, aan SteinBuild verkoop.

The Building Company is ’n volfiliaal van Pepkor.

Cashbuild koop ook die aandeelhouereise van Pepkor teen The Building Company.

Pepkor sê die voorgestelde transaksie sal hom toelaat om sy portefeulje van ondernemings te stroomlyn en op sy kernsake te fokus. Pepkor besit Pep en Ackermans en verkoop meestal klere teen lae pryse.

The Building Company se webtuiste toon sy ander handelsname sluit in Chipbase, Floors Direct en MacNeil.

Meer oor:  Pepkor  |  Cashbuild  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.