Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
CemAir se vlerkies wéér geknip
Een van CemAir se vliegtuie in die lug.

Die private lugdiens CemAir se vlerkies is geknip.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Donderdag in ’n verklaring gesê die lugdiens “kan nie langer as ’n lugdiens of lugoperateur bedrywig wees óf enige van sy 21 vliegtuie vlieg nie”.

Die BLO het twee van CemAir se lisensies opgeskort nadat daar gesien is die lugdiens het nié die nodige veranderinge aangebring nadat daar in die jaarlikse oudit bevind is hy voldoen nie aan van die owerheid se vereistes nie.

Sy vlerkies was ook in Februarie geknip toe die BLO ook besorg was oor die lugwaardigheid van van CemAir se vliegtuie.

Die skorsing is van Donderdag 13 Desember om 15:30 van toepassing.

Een van die probleme wat die BLO by CemAir uitgewys het, is dat lugdiens nie by die voorgeskrewe reëls hou wat gewig en balans betref wanneer vliegtuie gelaai word nie.

“Dit beteken die rekords wat die vlugpersoneel vir die gewig van passasiers en bagasie indien, stem nie ooreen met dié van die diensteverskaffer wat deur CemAir gekontrakteer word nie,” sê die BLO in ’n verklaring.

“Die BLO let ook met kommer op dat CemAir ondanks ’n verbodsbevel [wat ná die oudit uitgereik is], voortgegaan het om hul vliegtuie te vlieg sonder om aan die regulasies te voldoen.”

CemAir vlieg na kleiner dorpe en stede soos Margate, Hoedspruit, George en Plettenbergbaai.

CemAir sê reeds op 12 Desember in ’n verklaring op sy Facebook-blad dat hy met die BLO onderhandel.

Hy sê daar dat hy probeer om waar moontlik ander reëlings vir passasiers te tref. Anders kan passasiers hul geld terugvra.

Passasiers wat reeds vlugte op CemAir vir die vakansie bespreek het, is egter briesend en het hul misnoeë op Twitter uitgespreek. Sommige van hulle sê CemAir het nog die oggend voordat sy vlerke geknip is toegelaat dat hulle vlugte bespreek, maar nou moet hulle weke wag voordat die geld vir die kaartjie terugbetaal gaan word.




Meer oor:  Cemair  |  Burgerlugvaartowerheid (Blo)  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.