Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Chaos breek uit toe inspekteurs werkplek wou sluit
Dit is wet om gesigmaskers by 'n werkplek te dra. Foto: Pixabay

Chaos het Woensdag by African Debt Advisors (ADA) se perseel in die Kaapstadse middestad uitgebreek toe inspekteurs van die departement van arbeid die kantore wou sluit.

Die departement sê Donderdag in ’n verklaring dat hy inspekteurs na die perseel gestuur het nadat hy ingelig is dat die plek nie aan die nodige Covid-19-gesondheidsmaatreëls voldoen nie.

David Esau, provinsiale hoofinspekteur, sê daar is geen persoonlike beskermende toerusting aan personeel verskaf nie; die nodige afstande tussen werknemers is nie gehandhaaf nie en daar was nie genoeg ontsmetmiddels nie.

Die maatskappy kon ook nie ’n risikobepaling aan die inspekteurs voorlê nie.

Die inspekteurs het toe besluit die werkplek moet gesluit word.

Esau sê toe hulle die mense inlig dat hulle die gebou gaan sluit, het die werkgewer en werknemers aggressief geraak, die deure gesluit en gekeer dat die inspekteurs die perseel verlaat.

Hulle het daarop aangedring dat die bevel om die perseel te sluit, teruggetrek word.

Die polisie is ontbied.

Die departement sê hy ondersoek ADA ook in verband met aansoeke by die Werkloosheidsversekeringsfonds om Covid-19-Ters-voordele vir werknemers.

“Die werkgewer moet inligting verskaf oor werknemers wie se name op die betaalstaat verskyn en ’n lys van werknemers wie se aansoeke vir Ters-voordele vir April, Mei en Junie goed- of afgekeur is.”

Ingevolge wetgewing moet dié inligting ook aandui watter personeel voorskotte in dié tyd ontvang het, asook enige aftrekkings wat gedoen is. Hulle moet ook ’n lys van werknemers hê wat nie in dié tyd gewerk het, of ’n Covid-19-Ters-uitbetaling gekry het nie.

Die departement sê in die verklaring hy sal weer die perseel besoek om te sien of dit gesluit is of nie. As dit nie gesluit is nie, sal dit as ’n strafregtelike oortreding beskou word en sal die nodige regstappe teen ADA gedoen word.

Meer oor:  Departement Van Arbeid  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.