Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: EFF bestorm Pravin Gordhan

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, kon nie twee woorde uitkry in sy begrotingsposdebat voordat die EFF die verrigtinge ontspoor het nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

Die EFF het Gordhan ’n “konstitusionele misdadiger” genoem wat “geen plek hier het nie”. Dit kom na aanleiding van die openbare beskermer se verslag dat Gordhan vroeër as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toestemming gegee het vir ’n onwettige ondersoekeenheiid.

Ná tien minute van chaos het die speaker die EFF gevra om te loop.

“Is almal van julle se punte van orde dat julle weier dat minister Gordhan praat?”

Toe die EFF gelyktydig “ja” sê, is hulle gevra om die saal te verlaat.

EFF-lede het toe Gordhan se podium bestorm.

“Laat hulle raak aan my!” het Gordhan egter teruggeskree.

Sekerheidswagte het die saal dringend betree om die EFF-lede te verwyder.

Gordhan kon toe om 17:00 sy toespraak begin – ’n halfuur nadat dit geskeduleer was.

“Intimidasie soos dié sal my nie intimideer nie,” het hy gesê voordat hy sy toespraak begin lewer het.

“Dit sal my nie keer om die goeie stryd te veg nie. Ons het apartheid oorleef, ons sal hierdie fascistiese populisme ook oorleef.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.