Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wie is Gupta-koper, Charles King SA?
Die straat waarin die firma Charles King geleë is. Foto: YouTube

Charles King SA, die Switserse maatskappy wat Tegeta Exploration & Resources pas by die Guptas se Oakbay Investments gekoop het, bestaan wel, selfs al wil Twitterati dit vanoggend hê dat die maatskappy nie bestaan nie.

Volgens registrasiedokumentasie wat van die Switserse handelsregister Zefix verkry is, is Charles King reeds op 17 Februarie 2011 as ’n maatskappy geregistreer. (Sien die registrasiedokument hieronder.)

Sy amptelike adres is Rue de Bourg 27, 1003 Lausanne, maar geen ander kontakbesonderhede word verskaf nie.

Die SA agter die maatskappy se naam is die Switserse ekwivalent van Edms. Bpk. in Suid-Afrika en verwys nié na Suid-Afrika nie.

Volgens die registrasie is die doel van die maatskappy om “enige produk plaaslik en/of internasionaal te skep, vervaardig en te versprei en om aandele in nywerheid- en/of handelsmaatskappye te besit”.

Dit is dus grootliks ’n beleggingsbeheerfirma.

Die registrasie-dokumentasie van die Switserse handelsregister Zefix oor Charles King.

Volgens ’n verklaring Woensdag deur Oakbay het hy Tegeta vir R2,97 miljard aan die maatskappy verkoop.

Amin al Zarooni is glo die eienaar van Charles King, maar sy naam verskyn nie op die registrasiedokument nie.

Geen verdere verwysing na Al Zarooni kon gevind word nie.

Hy sê in Oakbay se verklaring: “Geleenthede in die Suid-Afrikaanse mynbousektor is besonder aantreklik en ons wil al geruime tyd in die reënboognasie belê.

“Wanneer ons die maatskappy gekoop het sal ons natuurlik op die uitkyk wees vir ’n bemagtigingsvennoot.

“Mynwese op die vasteland is ’n sektor met uitstekende groeigeleenthede en met hierdie verkryging kan ons ons planne om in Afrika uit te brei aan die gang kry.”

Oakbay beskryf Al Zarooni as ’n “vooraanstaande sakeman van die Verenigde Arabiese Emirate” wat by verskeie ondernemings wêreldwyd betrokke is.

Volgens Oakbay sluit Zarooni se sakeryk verskeie vennootskappe met Franse maatskappye in.

Dit sluit onder meer Arep Ville Abu Dhabi, wat ‘n vennootskap het met Arep Group France, Egis Emirates Abu Dhabi, wat weer met Egis Industries France saamwerk, Nepteam Middle East, wat in ’n vennootskap met Nepteam France is, en Gimaex-One Seven, wat weer saam met Gimaex International werk.

Verder sluit Zarooni se sakeryk Golden Triangle Investment, Jaffar Al Zarooni Real Estate en Triagle Business Connection in.

Oakbay erken self Charles King is spesiaal deur Al Zarooni verkry om verdere beleggings soos dié in Tegeta te kan bewerkstellig. 

Meer oor:  Charles King  |  Glencore  |  Tegeta  |  Eskom  |  Tegeta Exploration & Resources  |  Optimum  |  #Guptaleaks  |  Mynbou  |  Guptas  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.