Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Checkers se Sixty60 skep 800 poste

Nog 800 mense is by Checkers-winkels landwyd aangestel om te help met die aflewering van kruideniersware via sy gewilde Sixty60-diens, het die supermarkgroep Woensdag aangekondig.

Checkers sê hy kan nou weer kruideniersware binne ’n uur aflewer nadat dit aanvanklik weens die groot vraag tydens die inperking nie moontlik was nie. Foto: Verskaf

Die vraag na kosafleweringsdienste het die afgelope paar maande die hoogte ingeskiet, veral toe strenger regulasies op vlak 5 en vlak 4 van die staat van inperking gegeld het.

Met die Sixty60-app kan mense in party gebiede in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos- en Wes-Kaap kruideniersware van hul naaste Checkers-winkel bestel waarna dit “in minder as ’n uur” afgelewer sal word.

Toe die diens in 2019 in Kaapstad en Johannesburg bekend gestel is, het Checkers beloof inkopies sal in 60 minute of vinniger afgelewer word.

Met die aanvang van die inperking aan die einde van Maart het die vraag na kosaflewering egter so toegeneem dat die app dikwels van lyn af was of geen aflewerings moontlik was nie weens ’n gebrek aan personeel en afleweraars.

Intussen is 800 bykomende personeel by Sixty60 aangestel om te help om voor te bly met die vraag na aanlyn inkopies, sê Checkers.

Die diens brei ook eersdaags uit na nog stede in die Oos- en Noord-Kaap sowel as die Vrystaat.

Volgens Checkers is sy Sixty60-app reeds meer as 700 000 keer afgelaai en is dit nou die naasgewildste app in Suid-Afrika vir e-handel (naas Takealot).

Checkers is ook nie die enigste onderneming wat ’n skerp toename in aanlyn kosbestellings gesien het tydens die inperking nie.

Woolworths het ook gesukkel om sy aanlyn kosaflewerings op vlak 5 en vlak 4 van die inperking by te bring. Kopers moes dikwels etlike dae op bestellings wag.

Bestaande kosafleweringsdienste soos Uber Eats en Mr D Food het ook in dié tyd begin om kruideniersware af te lewer.

Ander supermarkgroepe soos Pick n Pay verskerp ook sy vermoë om kos vinniger te laat aflewer.

Meer oor:  Checkers  |  Kosaflewering  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Kruideniersware
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.