Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dis hoekom Checkers se stelsels gelol het
Checkers se stelsels het Maandag landwyd probleme gegee.

Die supermarkgroep Checkers se stelsels was Maandag etlike ure van lyn af en kopers het in sak en as by kasregisters gestaan waar hulle vir geen inkopies kon betaal nie. 

Die fout is veroorsaak nadat die winkelgroep 'n nuwe promosie Maandag op sy stelsels wou laai, maar toe veroorsaak dit eerder dat geen betalings met krediet- of debietkaarte by enige van sy supermarkte of drankwinkels landwyd uitgevoer kon word nie.

Die fout was teen laatmiddag uitgesorteer, het 'n woordvoerder bevestig. Kontantbetalings kon wel deurgaans gemaak word. 

Klante by Checkers-winkels in verskeie stede, waaronder Kaapstad en Johannesburg, is weggewys en moes trollies vol inkopies net agtergelaat. 

Verskeie klante het hul frustrasie op Twitter te kenne gegee en gekla dat winkels geen antwoorde kon verskaf oor waarom aankope nie gedoen kan word nie. 

Checkers het by monde van sy woordvoerder om verskoning gevra vir die ongerief veroorsaak. Die spesiale promosie wat van Maandag af sou geld, is ook opgeskort. 

Die winkelgroep het ook bevestig dat enige klante wat aankope gemaak het in die tyd wat sy stelsel van lyn was, hul geld sal terugkry sou enige betalings wel van hul bankkaarte verhaal word vir inkopies wat hulle nie ontvang het nie. 

  • Dié artikel is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is.
Meer oor:  Checkers  |  Supermark  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Winkel  |  Stelsels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.