Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Choppies se baas kry die tjop

Die kruidenierswinkelgroep Choppies het sy uitvoerende hoof geskors.

 choppies
'n Choppies-winkel.

Choppies, wat op die JSE asook op die Botswana-aandelebeurs in Gaborone genoteer is, het Dinsdagmiddag laat weet hy het Ramachandran Ottapathu geskors tydens ’n direksievergadering wat Maandag gehou is.

Choppies het in Maart aangekondig ’n forensiese ondersoek word gedoen wat na verwagting teen einde Junie afgehandel sal wees. Dit is nie uit Choppies se verklaring duidelik wat die presiese rede vir Ottapathu se skorsing is en wat in die forensiese ondersoek bekyk word nie.

Die verhandeling van Choppies se aandele op die JSE en in Gaborone is al sedert November verlede jaar opgeskort omdat hy nog nie sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie 2018 bekend gemaak het nie.

Farouk Ismail, tans adjunkvoorsitter van die Choppies-direksie, is intussen as waarnemende uitvoerende hoof aangewys.

Die Choppies-direksie het boonop Redford Capital aangestel om die winkelgroep te herstruktureer. Redford sal ’n oorsig doen van die onderneming en aanbevelings doen oor watter aksieplanne ingestel kan word om dit reg te ruk. Redford het volgens Choppies 25 jaar se ervaring in sulke strategiese omswaaiprojekte.

Choppies se primêre notering is op die Botswana-beurs, met die sekondêre notering op die JSE.

Choppies het in 2015 op die JSE genoteer en talle nuwe winkels in Suid-Afrika geopen. Die winkelgroep het in Botswana ’n lang geskiedenis as een van die grootste kleinhandelaars daar. Sy eerste tak is in 1986 in Lobatse geopen.

Meer oor:  Choppies  |  Botswana  |  Gaborone  |  Kleinhandel  |  Jse  |  Winkelgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.