Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Christo Wiese eis R59 mjd. van Steinhoff
’n Stroewe Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff, in Januarie in die parlement. Foto: Nellie Brand-Jonker

Maatskappye in Christo Wiese se Titan-groep het eise van byna R59 miljard teen Steinhoff International van Suid-Afrika en Steinhoff International van Nederland ingestel.

Die eise het betrekking op kontantbeleggings wat in 2015 en 2016 deur die Titan-groep in Steinhoff gemaak is.

Die maatskappye wil hê die ooreenkoms wat in 2015 met die Suid-Afrikaanse maatskappy gesluit is, moet gekanselleer word. Ingevolge hierdie ooreenkoms het die Titan-groep aandele in Steinhoff gekry ná Steinhoff se  verkryging van Pepkor.

Hulle eis nou ’n terugbetaling van die geld waarteen die aandele gekoop is.

Die tweede eis hou verband met die Titan-groep se kapitaalinspuiting in Steinhoff in 2016 om die maatskappy in staat te stel om sy skuldverpligtinge na te kom met sy verkryging van Mattress Firm in Amerika.

Wiese se regsverteenwoordigers het in ’n brief wat die dagvaarding vergesel, gesê hy glo dit is in die beste belang van alle aandeelhouers in Steinhoff dat ’n herstrukturering van die groep op billike en regverdige voorwaardes plaasvind. 

Lees ook die volledige verklaring hieronder.

Wiese is van mening die Steinhoff-groep besit goeie ondernemings, meestal wat die maatskappy in 2015 van Pepkor bekom het. 

Baie van die ander ondernemings in die groep bied goeie vooruitsigte en ek glo sterk elke moontlike poging moet aangewend word om die maatskappy so spoedig moontlik te herstruktureer.
Christo Wiese

“As Steinhoff herstruktureer word, het dié ondernemings die potensiaal om waarde vir aandeelhouers en eisers te skep.” 

Wiese het in die brief te kenne gegee hy is bereid om te onderhandel oor ’n skikking. 

Wiese sê sy groep is heeltemal bereid om met ander eisers en aandeelhouers saam te werk om te verseker dat Steinhoff as ’n volhoubare maatskappy voortbestaan. 

Dit sal vereis dat die huidige skuldlas herstruktureer word. 

Lees ook: Kopsere om skuldeisers van deur af te hou

Hy glo die maatskappy sal kan voortbestaan vanweë die goeie vertoning van Steinhoff Retail Africa (Star), wat die meeste van die oorspronklike Pepkor besit. 

Steinhoff is die beherende aandeelhouer daarin. 

“Baie van die ander ondernemings in die groep bied goeie vooruitsigte en ek glo sterk elke moontlike poging moet aangewend word om die maatskappy so spoedig moontlik te herstruktureer.” 

Steinhoff se aandeelprys het skerp geval kort nadat die nuus bekend geword het. Dit het omstreeks 16:30 selfs R1,85 per aandeel gehaal. 

Lees ook: Steinhoff hou aan val oor Wiese-eis

Wiese was een van die grootste verloorders weens die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys.

Hy het Pepkor, die winkelgroep wat hy sedert die 1970’s opgebou het tot ’n multimiljard-rand-ryk, is in 2014 vir R60 miljard aan Steinhoff verkoop, waarvan net R15 miljard kontant was en die res betaal is in die vorm van 839 miljoen Steinhoff-aandele teen R57 elk.

Baie van sy aandele is intussen verbeurd verklaar aan groot beleggingsbanke soos JP Morgan en Citigroup omdat hy dit as sekuriteit vir groot margelenings gebruik het om nóg aandele te koop.

Wiese was tot einde verlede jaar Steinhoff se grootste aandeelhouer en voorsitter van die maatskappy se direksie.

Hy het in Januarie in die parlement getuig die aankondiging in Desember dat daar rekenkundige onreëlmatighede met Steinhoff se boeke was, het hom soos ’n weerligstraal uit die bloute getref. Markus Jooste, wat as uitvoerende hoof bedank het, word deur bedrogklagte in die gesig gestaar.

PwC is besig met ’n forensiese ondersoek na Steinhoff se boeke wat nog tot die einde van 2018 kan duur. Die maatskappy se 2017-resultate word eers in Desember 2018 uitgereik, is verlede Vrydag op Steinhoff se jaarvergadering gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.