Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Christo Wiese-firma Invicta kry nuwe hoof

Steven Joffe (48), voorheen uitvoerende hoof van Gold Reef Casino Resorts, is aangewys om Arnold Goldstone volgende jaar as hoof van Invicta op te volg.

Steven Joffe, aangewese nuwe uitvoerende hoof van Invicta.

Invicta is ’n gediversifiseerde nywerheidsgroep waarin die sakemagnaat Christo Wiese ’n groot belang het.

Invicta verkoop onder meer mynbou-, konstruksie- en landboutoerusting en onderdele.

Wiese is ook die voorsitter van Invicta se direksie en sy seun Jacob dien as een van die nie-uitvoerende direkteure.

Invicta het in April aangekondig dat Goldstone vroeg gaan aftree. Joffe, ’n geoktrooieerde rekenmeester met ’n B.Com honneursgraad in belasting en ’n hoër diploma in maatskappyreg, was voorheen ook voorsitter en uitvoerende hoof van die enX Group en hoof van Wild Rose Management.

Hy sal op 1 Januarie 2020 sy nuwe pos by Invicta inneem.

Meer oor:  Invicta  |  Christo Wiese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.