Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Christo Wiese koop miljoene nuwe aandele
Christo Wiese, billionaire and chairman of Steinho
Die miljardêr Christo Wiese. Foto: Getty Images

In wat beskou kan word as ’n mosie van vertroue in hul eie maatskappy het ’n paar direkteure van die eiendomsgroep Tradehold, onder wie die meerderheidsaandeelhouer Christo Wiese, Donderdag miljoene nuwe Tradehold-aandele gekoop deur hul kontantdividend te herbelê.

Tradehold het Vrydag op die JSE se Sens-nuusdiens laat weet dat Wiese, die nie-uitvoerende voorsitter van Tradehold, in totaal meer as 5,5 miljoen Tradehold-aandele gekoop het met die opbrengs van ’n kontantdividend wat Tradehold in Mei verklaar het.

Tradehold het ’n dividend van 55c per aandeel verklaar, en aandeelhouers kon kies om dit teen ’n aandeelprys van R12,29 in nuwe Tradehold-aandele te herbelê. Aandeelhouers was geregtig op 3,58015 nuwe Tradehold-aandele vir elke 100 aandele wat hulle besit, gegrond op die netto kontantdividend van 44c nadat dividendbelasting afgetrek is.

Wiese doen die transaksie via drie verskillende beleggingsentiteite – Granadino Investment Titan Global Investment en Titan Share Dealers. Deur dié drie entiteite besit Wiese 49,5% van Tradehold, volgens inligting in Tradehold se 2019-jaarverslag.

Sy seun Jacob Wiese, ’n nie-uitvoerende direkteur van Tradehold, het 1 402 aandele met sy kontantdividend via Wikalox Investments gekoop.

Friedrich Esterhuyse, mede- uitvoerende hoof van Tradehold, het 131 291 aandele via sy beleggingsentiteit Aapstert Investments gekoop.

Ander direkteure wat aandele gekoop het, is Kenneth Collins, ’n lid van die Collins-familie, stigters van die Collins-eiendomsgroep waarin Tradehold ’n 100%-belang het. Collins het sy net meer as 1,4 miljoen Tradehold-aandele deels via Redbill Holdings, wat 12,8% van Tradehold besit, en The Teal Property Trust gekoop.

Karen Nordier, finansiële direkteur van Tradehold, het 7 030 aandele met haar kontantdividend gekoop.

Die direkteure het ’n effense premie vir die nuwe aandele betaal, want Tradehold verhandel tans teen R12.

Tradehold het in Mei laat weet sy wins in die boekjaar tot einde Februarie het meer as gehalveer, maar die groep is optimisties oor die vermindering van sy skuld, die verkoop van niekernbates, en die potensiaal van sy Britse eiendomsbates.

Meer oor:  Tradehold  |  Christo Wiese  |  Aandele  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.