Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Christo Wiese se Brait nou minder werd

Brait, ’n beleggingsbeheerfirma in die Christo Wiese-stal, het bekend gemaak dat sy netto batewaarde vir die boekjaar tot einde Maart skerp gedaal het.

Christo Wiese besit nagenoeg 24% van Brait. Foto: Getty Images

Dit het die firma se aandeelprys vroegoggend met 4,7% tot R22,26 laat daal kort nadat die JSE geopen het.

Die groep se netto batewaarde gaan met tussen 23,4% en 27% tot tussen R40,75 en R42,75 daal. In euro gemeet, is dit ’n daling van tussen 31,3% en 34,5%.

Netto batewaarde is die maatstaf wat beleggingsbeheerfirmas vir hul prestasie weergee.

Die laer netto batewaarde kan deels toegeskryf word aan ’n aanpassing in die waardasie-veelvoude wat Brait gebruik om sy beleggings se waardasie te bereken.

Brait, wat sy primêre notering in Luxemburg het, maak sy resultate op 18 Junie bekend.

Brait besit 72% van die gimnasiumgroep Virgin Active, 96% van die kosvervaardiger Premier (wat handelsname soos Snowflake en Iwisa besit) en 63% van die Britse supermarkgroep Iceland Foods.

Die groep het vroeër vanjaar sy 90%-belang in die sukkelende Britse klerekleinhandelaar New Look verminder in ’n transaksie met krediteure waarin aandele vir skuld verruil is.

Brait besit nou slegs 18% van die senior gesekureerde notas van New Look en sy aandeelbelang word op R0 gewaardeer. Die transaksie het New Look se langtermynskuld van £1,35 miljard tot £350 miljoen verminder en sy jaarlikse rente betaalbaar van £80 miljoen tot sowat £40 miljoen.

Wiese besit volgens Iress nagenoeg 24% van Brait deur sy firma Incapart Investments, wat hom die grootste aandeelhouer maak. Hy is ook ’n nie-uitvoerende direkteur.

Meer oor:  Brait  |  New Look  |  Premier  |  Virgin Active  |  Christo Wiese  |  Beleggingsbeheerfirma  |  Kosvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.