Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Christo Wiese tuis; familie baie dankbaar

Christo Wiese is die naweek ontslaan nadat hy byna drie weke in die Mediclinic Panorama vir Covid-19 behandel is.

Clare Wiese-Wentzel en haar pa, Christo Wiese, wat pas uit die hospitaal ontslaan is nadat hy drie weke lank vir Covid-19 behandel is. Die foto is van Wiese-Wentzel se Instagram-blad.

Die 79-jarige sakereus en sy vrou, Caro (71), het albei Covid-19 opgedoen, maar sy is nie gehospitaliseer nie. Albei het ’n paar weke voor hul siekte hul eerste Pfizer-inenting ontvang.

Wiese het die Shoprite-groep tot die grootste kleinhandelaar in Afrika opgebou. Hy het ook Pepkor (wat onder meer Pep en Ackermans besit) van ’n klein begin tot ’n enorme klere-en-huisware-reus uitgebou.

Wiese wou nie uitwei oor sy ervaring van die siekte nie, maar het wel gesê die familie is baie dankbaar.

Die familie het ook voorheen hul “oneindige dankbaarheid” teenoor mediese personeel uitgespreek en gesê hulle beleef werklik die krag van gebed.

Een van sy dogters, die TV-aanbieder Clare Wiese-Wentzel, het op Instagram ’n foto van haar en haar pa geplaas saam met ’n boodskap dat hy tuis is en “goed herstel”.

“Daar is soveel dokters en mense om te bedank en ek sal in ’n volgende inskrywing so maak, sodra ek die regte woorde gevind het.”

Sy haal aan uit ’n gospellied, “King of Kings” (sien inskrywing hieronder), en sluit af met: “My hart gaan werklik en heelhartig uit na een en elkeen van julle wat deur Covid-19 geraak is of ’n geliefde weens dié verskriklike siekte verloor het. Mag God julle en jul gesinne seën en beskerm.

“Vandag verhef ek ’n duisend hallelujas.”

Meer oor:  Pepkor  |  Shoprite  |  Christo Wiese  |  Covid-19  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Clare Wiese-Wentzel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.