Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
City Lodge bou groot 4-ster-hotel in Waterfall City

Al sukkel die hotelsektor in die land, brei die genoteerde City Lodge-hotelgroep steeds uit met die ontwikkeling van ’n splinternuwe vierster-hotel in Waterfall City, naby Midrand, noord van Johannesburg.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe Courtyard-hotel wat die City Lodge-groep in Waterfall City, naby Midrand, noord van Johannesburg gaan oprig.

Dit is die groep se eerste nuwe Courtyard-hotel in 15 jaar en sal sy getal hotelle in Suid-Afrika op 55 te staan bring.

Die groep ontwikkel, besit en bestuur hotelle onder vier handelsname: Courtyard Hotel, City Lodge, Town Lodge en Road Lodge.

Andrew Widegger, uitvoerende hoof van City Lodge, sê dié hotel is ’n nuwe konsep, waar daar wegbeweeg word van die tradisionele Courtyard-ontwerp. Dit sal ’n toringgebou met tien verdiepings wees. Daar word ook weggedoen met die klein kombuisgedeeltes in kamers en die hotel gaan ’n gimnasium en moderne kommersiële gedeelte insluit.

Met ’n verwagte 168 kamers gaan dit verreweg die groep se grootste Courtyard-hotel wees. Die naasgrootste Courtyard-hotel is in Port Elizabeth en het 94 kamers.

Widegger sê die groep het reeds ’n 149-kamer-City Lodge-hotel in Waterfall City, wat goed vaar onder sake- en ontspanningsreisigers.

Bouwerk aan die nuwe Courtyard-hotel gaan in Maart vanjaar begin en sal na verwagting teen Oktober 2020 voltooi word.

Die groep se grootste hotel in Suid-Afrika is die City Lodge by die O.R. Tambo-lughawe, wat tot 365 kamers vergroot is.

Bouwerk aan die nuwe Courtyard-hotel gaan in Maart vanjaar begin en sal na verwagting teen Oktober 2020 voltooi word.

City Lodge het Donderdag 14 Februarie teleurstellende resultate vir die ses maande tot einde Desember bekend gemaak. In die oorsigtyd het die groep se genormaliseerde wesensverdienste met 6% tot R163,3 miljoen gedaal. Widegger skryf die gedempte vertoning toe aan swak sake- en verbruikersvertroue in die aanloop tot die verkiesing.

Dié swak vertroue het die gemiddelde besettingskoers van sy hotelle in Suid-Afrika in die ses maande met drie persentasiepunte tot 61% laat val.

“Wanneer sake- en verbruikersvertroue laag is, reis mense eenvoudig minder,” sê hy.

Daar is ook ’n wag-en-sien-benadering, waarin nuwe beleggings teruggehou word.

Hoewel die groep se hotelle kragopwekkers het en gewoon sake doen as daar beurtkrag is, verwag hy dat die kragsituasie vertroue verder gaan demp.

Alastair Dooley, finansiële hoof, sê ’n tussentydse dividend van 229c per aandeel is verklaar – 9c laer as die vorige ooreenstemmende tydperk.

Meer oor:  Midrand  |  Toerisme  |  Hotelle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.