Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
City Lodge het droewige Kersfees gehad

Die vakansietyd was nie genoeg om City Lodge van ’n droewige halfjaar tot einde Desember te red nie, sê die hotelgroep.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe Courtyard-hotel wat die City Lodge-groep in Waterfall City, naby Midrand, noord van Johannesburg gaan oprig.

In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê City Lodge hy verwag nou ’n enorme daling in sy verdienste vir die halfjaar tot einde Desember. Die syfers is nog nie finaal nie, maar wanneer sy resultate op 20 Februarie gepubliseer word, verwag die groep onder meer ’n daling in sy wesensverdienste per aandeel van tussen 64% en 69% vergeleke met die halfjaar tot einde Desember 2018. Dit kom neer op ’n verwagte wesensverdienste per aandeel van slegs tussen R1,17 en R1,34.

City Lodge skryf ’n groot deel van die daling toe aan die nuwe rekeningkundige standaarde van IFRS16 wat hy nou toepas. Selfs sonder dié nuwe standaarde was die tweede helfte van 2019 egter steeds nie ’n goeie tyd vir die hotelbedryf nie.

Sonder die toepassing van IFRS16 sou sy genormaliseerde wesensverdienste steeds met ’n verwagte 27% tot 32% gedaal het tot tussen R111 miljoen en R119,2 miljoen vergeleke met ’n jaar gelede.

City Lodge se aandeelprys het ná die nuus begin val en het om 12:25 reeds 3,72% van sy waarde vir die dag verloor en op R68,79 gestaan.

’n Jaar gelede het sy aandele vir meer as R120 verhandel.

Meer oor:  City Lodge Hotels  |  Toerisme  |  Hotelle  |  Toerismebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.