Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clicks heropen tientalle takke vir inentings ná onluste

Daar is hoop dat die inentings in KwaZulu-Natal weer kan vorder nadat Clicks aangekondig het dat 23 van die inentingsentrums in dié provinsie, wat verlede week weens die onluste gesluit was, weer op dreef is.

Clicks het aangekondig dat inentings in sekere dele van KwaZulu-Natal weer kan begin.

Nog 42 inentingsentrums wat verlede week in die res van die land, hoofsaaklik Gauteng, toe was, is ook heropen.

Die apteekgroep het ook bekend gemaak dat 78 winkels in KZN en 214 in Gauteng wat gesluit was, heropen het. Altesame 52 apteke is in die plundery beskadig, die res is as voorsorgmaatreël gesluit.

Vikash Singh, besturende direkteur van Clicks, sê die groep het onverpoosd gewerk om winkels skoon te maak en voorraad van elders te bekom sodat mense weer toegang tot medisyne en noodsaaklike goedere kan kry.

Hy sê dit was verblydend om te sien hoe mense saamgestaan het teen die vernietiging en hoe vrywilligers kom help het om winkels skoon te maak.

“Hulle is werklik ’n inspirasie vir ons almal en ’n baken van hoop. Ek is veral bemoedig deur die boodskappe van solidariteit wat ons van ons klante ontvang het en die stappe was ons as nasie gedoen het om in dié moeilike tyd te begin herbou.”

Nog 47 winkels bly tydelik toe omdat dit ernstig beskadig is. Mense wat voorskrifte het vir chroniese medisyne by ’n apteek wat nog toe is, kan hier gaan kyk watter apteek nou daardie voorskrif sal kan verskaf. Clicks verwys na sogenaamde “Buddy Dispensary”-apteke.

Mense wat sukkel met chroniese medisyne, kan ook Clicks se hulpsentrum by 0860 254 257 skakel.

Aanlyn bestellings word nog afgelewer, hoewel daar in sommige gebiede vertragings kan wees.

Singh waarsku mense om nie medisyne van enigeen anders as ’n dokter of apteek te koop nie. Die vrees bestaan dat gesteelde medisyne die ronde doen.

“Gesteelde medisyne of medisyne wat onbehoorlik verkry word, kan uiters gevaarlik wees as dit nie reg geberg is nie of besmet is. Dit kan gevaarlike newe-effekte hê as dit nie onder mediese toesig gebruik word nie.”

Clicks het landwyd al 162 604 inentings in 283 takke gedoen en gaan binnekort nog 17 inentingsplekke open. Die uiteindelike teiken is dat hy 602 inentingsplekke gaan hê.

Die apteek sê met inentings gee hy voorkeur aan mense met afsprake. Mense wat sonder afsprake opdaag, sal slegs gehelp word indien daar genoeg voorraad entstowwe is. “Ek moedig almal aan wat al vir ’n inenting in aanmerking kan kom om ingeënt te word, aangesien dit die enigste manier is waarop ons die effek van die pandemie kan versag.”

Almal van 35 jaar en ouer mag op die regering se datastelsel vir inentings, die EVDS, registreer.

Meer oor:  Durban  |  Clicks  |  Onluste  |  Inentings  |  Covid-19  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.