Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clicks is gereed vir inentings by 47 apteke

Die apteekgroep Clicks het goedkeuring van die nasionale departement van gesondheid gekry om 47 inentingspersele landwyd te bedryf.

’n Gesondheidswerker dien die Pfizer-BioNTech-entstof toe in Angers, Frankryk. Foto: Reuters

Die groep wag op goedkeuring vir nog 520 van sy apteke.

Rachel Wrigglesworth, handelshoof van Clicks, sê die groep het baie ervaring in inentings en sy personeel het opleiding gekry om die Covid-19-entstowwe te hanteer en toe te dien.

Die Clicks-apteke is deel van fase 2 van die regering se inentingsprogram wat vandeesweek begin.

Die Clicks-apteke sal die entstowwe kan toedien afhangende van die beskikbaarheid van voorraad.

Die soort entstowwe wat toegedien gaan word, gaan afhang van wat die departement aanbied. Die eerste entstof wat beskikbaar is, is dié van Pfizer.

Die groep se groothandelaar United Pharmaceutical Distributors (UPD) sal die entstof stoor en na die apteke vervoer.

Individue wat op die departement se elektroniese inenting-datastelsels (EVDS) geregistreer is, sal ’n teksboodskap ontvang van dié stelsels af met ’n eie koopbewys vir ’n entstof wat by die inentingslokaal getoon moet word, tesame met ’n ID en mediesefondsinligting, indien van toepassing.

Die stelsel bepaal ook die inentingsplek en -tyd en dit word ook per teksboodskap gekommunikeer.

Meer oor:  Apteek  |  Gesondheid  |  Inenting  |  Clicks  |  Inentingsprogram  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.