Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clicks pas van Shell geskei, nou met Engen in kooi
Clicks se ClubCard-lede kan voortaan Clicks-punte insamel elke keer as hulle by ’n Engen-vulstasie volmaak. Foto: Liza van Deventer

Skaars enkele weke nadat Clicks sy vennootskap met die brandstofmaatskappy Shell om onbekende redes gestaak het, het hy nou ’n soortgelyke lojaliteitsooreenkoms met Shell se mededinger Engen aangegaan.

Waar motoriste voorheen lojaliteitspunte op hul Clicks ClubCard kon verdien elke keer as hulle brandstof by Shell ingooi, kan hulle dit van Maandag af by Engen doen.

Boonop kan ClubCard-lede in die eerste twee maande van die vennootskap – Desember en Januarie – elke dag dubbele punte verdien as hulle Engen Primax Unleaded of Engen Dynamic Diesel 50 ppm by Engen-vulstasies ingooi, het Engen in ’n verklaring aangekondig.

Hoewel Clicks nie in November enige redes of enige verdere kommentaar wou lewer oor die besluit om nie meer met die vennootskap met Shell voort te gaan nie, is dit bekend dat Engen met meer as 1 000 vulstasies landwyd ’n veel groter netwerk het as Shell.

Seelan Naidoo, hoofbestuurder: kleinhandel by Engen, bevestig Engen het die grootste vulstasie-voetspoor in Suid-Afrika en daarom maak dit sin vir hulle om met Clicks saam te werk.

Engen het reeds ’n vennootskap met FNB eBucks en Edgars Thank U.

Met die Shell-vennootskap het Clicks ClubCard-lede op Woensdae dubbele punte verdien vir elke liter brandstof wat hulle by Shell-vulstasies ingegooi het, en mense het hul misnoeë op sosiale media getoon toe Rachel Wrigglesworth, handelshoof van Clicks, die einde van die vennootskap met Shell in November aangekondig het.

Volgens inligting op Shell Suid-Afrika se webblad het hy 635 vulstasies landwyd. Engen se webblad toon ’n totaal van 1 279 vulstasies.

Meer oor:  Shell  |  Clicks  |  Engen  |  Spaar  |  Brandstof  |  Lojaliteitspunte  |  Lojaliteitsprogramme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.