Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clicks styg 12% oor handel beter as verwag is
Clicks
Clicks het nou 663 winkels.

Die Clicks-winkelgroep se aandeelprys het teen Maandagmiddag met 12% gestyg nadat ’n beter as verwagte handelsoorsig vir die boekjaar tot einde Augustus uitgereik is.

Sy aandeelprys het gedurende die dag tot sy hoogste vlak nog gestyg. 

Clicks het met sy halfjaarresultate in April gesê hy verwag sy verwaterde wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 10% en 15% styg.

Ná ’n sterker vertoning van sy Clicks-winkels en sy farmaseutiese groothandelaar UPD word nou verwag dié wesensverdienste gaan met tussen 15% en 18% styg.

Dit is omdat Clicks-winkels beter verkope gehad het en UPD voordeel getrek het uit nuwe verspreidingskontrakte en sy bedryfskapitaal wat beter bestuur is.

Sy resultate gaan na verwagting op 24 Oktober uitgereik word.

Clicks se aandeelprys het Vrydag op R218,20 gesluit en Maandagmiddag 12% tot Maandag tot R244,71 gestyg. 

Meer oor:  Clicks  |  Aandeelprys  |  Maatskappye  |  Kleinhandel  |  Handelsoorsig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.