Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clover-fabriek: Munisipaliteit kap terug

Clover is “oneerlik” oor hoekom die suiwelgroep besluit het om sy kaasfabriek in Lichtenburg, Noordwes, na Durban te skuif.

Só het Tsholofelo Moreo, burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit, Woensdag probeer vure doodslaan nadat Clover aangevoer het swak dienslewering in dié munisipaliteit, insluitend water, krag en paaie, is die rede vir sy besluit.

LEES OOK: ‘Skok kom te laat’: Clover-fabriek gáán toemaak

Die Lichtenburg-fabriek is die grootste kaasfabriek in Suid-Afrika.

Clover se kaasfabriek in Lichtenburg verwerk 350 000 liter melk per dag.

Oor Clover se klagte dat duisende briewe en pleit-oproepe nie gehelp het nie, sê Moreo die munisipaliteit het “gereeld” met Clover gepraat oor sy besluit om Lichtenburg te verlaat en daarmee saam ook aandag gegee aan die diensleweringskwessies wat Clover geopper het.

Volgens hom kon watervoorsiening aan Clover nie ’n probleem vir die maatskappy wees nie, want die munisipaliteit het ’n spesifieke boorgat aan die fabriek toegeken wat moes help om watervoorsiening aan Clover te verhoog.

“Die munisipaliteit wil dit ook bevestig dat Clover sy elektrisiteit direk vanaf Eskom kry en nie vanaf die munisipaliteit, soos in die media berig is, nie.”

Wat die swak toestand van die paaie betref, soos Beyers Naudéweg, is die munisipaliteit volgens hom gereeld in kontak met die provinsiale departement van vervoer om die pad te herstel, aangesien dit onder dié departement se jurisdiksie val.

“Hierbenewens doen die munisipaliteit steeds sy bes om die pad in stand te hou.

“Dit moet benadruk word dat die munisipaliteit en provinsiale regering bekommerd is oor Clover se vertrek omdat dit ’n ekonomiese impak gaan hê op die provinsie en die Ditsobotla-munisipaliteit,” sê hy.

“Om dié rede het Noordwes se provinsiale regering ’n komitee saamgestel onder leiding van drie LUR’e om die saak te ondersoek en Clover te probeer oorreed om in Lichtenburg te bly en sodoende werkgeleenthede te red en steeds by te dra tot die provinsie se ekonomie.”

Die komitee sou ’n dringende vergadering met Clover se topbestuur reël om ’n geskikte en vriendskaplike oplossing te vind.

Clover het volstaan by sy vorige verklaring en wou nie verder kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Clover  |  Lichtenburg  |  Suiwelbedryf  |  Munisipaliteite  |  Kaas  |  Suiwel  |  Melk  |  Kosvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.