Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clover-fabrieke: 1 sluit, 1 opgeveil

Clover gaan van een van sy fabrieke in die Kaap ontslae raak deur dit onder die hamer te sit.

Clover vervaardig bekende kos-, sap- en suiwelprodukte. Sy beginjare strek so ver terug as in die laat 1800’s toe ’n paar boere byeengekom het en besluit het om saam te werk. Foto: Clover

Die aanleg in Parow gaan einde Junie op ’n vrywillige veiling van die hand gesit word. Die aanleg het voorheen melk verwerk en sap vervaardig.

Fin24 het vroeër die week berig Clover se perseel buite Kaapstad gaan saam met verskeie soorte masjinerie en toerusting opgeveil word. Die eiendom sluit ook ’n verkoelde stoor, kantore en badkamers in waarop bieërs hul bod kan insit.

Clover het in ’n kort verklaring aan Netwerk24 bevestig die perseel en geboue word opgeveil. Volgens die maatskappy is die besluit om die fasiliteit in Parow te verkoop al ’n aantal jare gelede geneem en deel van Clover se proses om sy bedrywighede te vereenvoudig en vervaardiging te verbeter.

Die besluit is blykbaar ook in pas met die maatskappy se plan om vervaardiging en fasiliteite by verskeie fasiliteite te rasionaliseer, luidens ’n verklaring.

Die perseel was voorheen op die eiendomsmark te koop.

Clover het nie reageer op vrae oor hoeveel personeel deur die stap geraak word nie.

Die vervaardiger van onder meer suiwelprodukte is die afgelope ruk in die nuus nadat die maatskappy aangekondig het hy gaan sy kaasfabriek in Lichtenburg, die grootste in die land, sluit en skuif na Queensburgh in KwaZulu-Natal.

Meer as 350 mense kan weens hierdie stap hul werk kwyt wees.

LEES OOK: ‘Skok’ kom te laat: Clover fabriek gáán toemaak

Clover sukkel al jare met die dienslewering van die Ditsobotla-munisipaliteit in Lichtenburg en die situasie het uiteindelik onuithoudbaar geraak.

Kort ná die skoknuus oor die fabriek se sluiting, het die munisipaliteit in die media wal gegooi oor die bewerings van swak dienslewering.

Politici het ook tot die bekgeveg toegetree. Volgens Job Mokgoro, premier van Noordwes, word verskeie opsies ondersoek en opgevolg as deel van die provinsiale regering se pogings om die sluiting van Clover se fabriek in Lichtenburg te keer.

Die premier het Maandag met Bonile Jack, Melk SA se voorsitter, vergader. Mokgoro sê Jack ondersteun sy regering se pogings om met Clover te skakel en het ’n verdere voorstel gemaak dat die provinsiale regering ’n taakspan saamstel wat lede van die sakesektor in die omgewing insluit.

Clover het ook nie op hierdie verwikkeling kommentaar gelewer nie.

Meer oor:  Clover  |  Suiwelbedryf  |  Munisipaliteite  |  Kaas  |  Suiwel  |  Melk  |  Kosvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.