Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clover reageer goed op nuus oor goeie wins
Clover se kleinhandelverkope het in die afgelope boekjaar verbeter. Foto:

Die suiwelgroep Clover se aandeelprys het Woensdag gunstig gereageer op die nuus dat sy wins verdriedubbel het in die afgelope boekjaar.

Die prys het teen 10:30 met meer as 2% tot R15,20 per aandeel gestyg nadat sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie getoon het Clover se bedryfswins het met 94,3% tot R611 miljoen gestyg.

Dié styging sluit egter ’n afskrywing uit van ’n lening van R439 miljoen aan Clover se volfiliaal Dairy Farmers of South Africa (DFSA), ’n nuwe maatskappy wat Clover in 2017 gestig het om die verspreiding van ongepasteuriseerde melk te behartig.

Johann Vorster, uitvoerende hoof van Clover, sê die maatskappy is verbind daartoe om DFSA te ondersteun en volhoubaar te maak. “Op dié manier verseker ons ons eie melkbronne en dienstegeld.”

Hy skryf die verbetering in die maatskappy se resultate toe aan ’n volgehoue fokus op kostebesparing en groter doeltreffendheid.

“Heelwat nuwe produkte is ook bekend gestel wat goed deur die mark ontvang is, terwyl ons Projek Masakhane, wat ons toegang tot die informele handelsektor verhoog het, die aantal verspreidingspunte vir ons produkte met 51% verhoog het.”

’n Jaar gelede het Clover weens die nasleep van die droogte gedempte resultate gehad terwyl kleinhandelverkope ook onder druk was.

Johann Vorster, uitvoerende hoof van CloverFoto:

Die gediversifiseerde suiwel- en koeldrankmaatskappy het intussen goeie vordering gemaak om waardetoegevoegde produkte soos jogurt, vla en verrykte melk se markaandeel te verhoog.

Sy ander produkte sluit ook olyfolie en voorbereide maaltye in wat onder die handelsnaam The Whistling Chef verkoop word.

Inkomste in die afdeling vir nageregte en gefermenteerde produkte het met 25,7% gestyg, wat ook die groep se algehele inkomste ’n hupstoot van 7,9% tot R8,3 miljard gegee het.

Die maatskappy sê hoër brandstofpryse het groot druk op sy primêre verspreidingskoste geplaas en sy wins geknou. Koste van verkope het in die boekjaar met 6,9% tot R345,4 miljoen gestyg. Faktore soos die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika het Clover ook onregstreeks geraak het.

“Hoewel dit verblydend is om winsgewendheid te sien terugkeer na die verwagte vlakke sal die uitdagende makro-ekonomiese en handelsomgewing steeds oor die volgende jaar voortduur,” sê Vorster.

’n Finale dividend van 48,6c per aandeel word uitgekeer.

Meer oor:  Clover  |  Resultate  |  Droogte  |  Melkbedryf  |  Suiwel  |  Landbou  |  Wins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.