Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Clover se denotering weer uitgestel

Die transaksie waardeur Clover uitgekoop en gedenoteer word, gaan nog minstens ’n maand langer sloer.

Dis omdat die Mededingingstribunaal steeds besluit oor die transaksie.

Clover se produkte. Die handelsmerk sal bly voortbestaan.

Goedkeuring deur die tribunaal is een van die belangrikste voorwaardes vir die verkryging van Clover deur Milco, ’n konsortium beleggers wat onder meer die Israelse Coke-botteleerder Central Bottling Company en Clover-bestuurders insluit.

Die verwagte datum vir die transaksie is reeds voorheen verleng tot 20 September en word nou verder verleng, tot 21 Oktober.

Clover sê in ’n Sens-verklaring die tribunaal se beslissing word “binnekort” verwag.

Die Mededingingskommissie het vroeër aan die tribunaal aanbeveel dat die transaksie met voorwaardes goedgekeur word. Milco het reeds tot die voorwaardes ingestem. Dit sluit in:

Geen werknemers mag vir ’n sekere tyd afgelê word nie (daar word nie gesê vir hoe lank nie).

’n Aantal nuwe, permanente poste moet binne ’n bepaalde tydperk vanaf die samesmelting geskep word.

’n Fonds vir die heropleiding van werknemers ter waarde van R10 miljoen moet geskep word.

Indien enige nuwe vakatures ontstaan, moet voorkeur gegee word aan mense wat hul werk ná die samesmelting verloor het.

Die tribunaal het egter verdere voorleggings oor die transaksie aangevra, waaroor sittings onlangs gehou is.

Meer oor:  Milco  |  Clover  |  Mededingingskommissie  |  Melk  |  Mededingingstribunaal  |  Suiwel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.